Verstaan Jou Hoekom: Vind En Vervul Jou Roeping Voorbeeld

Know Your Why: Finding and Fulfilling Your Calling

DAG 5 VAN 7

Geroep tot Dapperheid

Elke keer wat ons 'n tree in geloof gee, neem ons 'n risiko. Wanneer ons dit waag om tydens 'n hopelose situasie te bly hoop, of 'n onmoontlike droom te koester, wanneer ons bereid is om iets te probeer wat die wêreld as laf afgeskryf het, doen ons dit sonder die absolute versekering dat ons pogings suksesvol sal wees. Selfs risiko's wat geneem word met die krag van God, bly steeds risiko's!

God gaan nie elke poging elke keer laat slaag omdat ons dit vereis nie. Wanneer jy gewillig is om deel van die Christelike geloof te wees, en gewillig is om te droom, beteken dit dat jy gewillig is om te misluk. Dit beteken om bereid te wees om risiko's te neem in die wete dat God, nie ons nie, in beheer is.

Dit is maklik om op papier te sê, maar in die praktyk kan dit 'n harde en pynlike les wees om te leer. Wanneer ons ons vingers met een risiko verbrand het, kan dit baie moeilik wees om nog een aan te pak. Die vrees vir mislukking kan ons in ons spore stuit. Wanneer ons egter nie risiko's neem nie, is ons nie besig om in geloof te lewe nie, en "as 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil" (Hebreërs 11:6). Om veilig te speel is nooit die antwoord op die vrees vir mislukking nie; dit sal nooit bevredig nie.

In die gelykenis oor die talente, wat ons in Matteus 25 vind, het die meester die diensknegte beloon wat bereid was om te waag en moontlik te misluk, sodat hulle dit wat hulle ontvang het kon vermeerder. Die een wat wou veilig speel en sy skat in die grond begrawe het, omdat hy sy meester as 'n harde man opgesom het — 'n genadelose boelie wat nie mislukking duld nie — het die meester se toorn ontvang. Diegene wat in die meester se goedheid vertrou het, is beloon.

Aan diegene wat die risiko in geloof geneem het, aanskou het hoe hulle hoop in duie stort, aan diegene wat dit gewaag het om te droom dat God dalk iets nuuts sal doen, maar verpletter en teleurgesteld gelaat is, vir hulle sê Jesus: "Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf." Welgedaan dat jy gedroom het en dat jy gewillig was om dinge te sien soos hulle dalk kan wees en nie soos dit is nie. Welgedaan dat jy in geloof opgetree het, ten spyte van jou vrese en huiwering. Welgedaan dat jy dit gewaag om te glo dat alle hoop nie verlore is nie.

Ons mislukkings is nie in God se oë mislukkings nie. Wanneer ons in geloof optree, sal ons altyd triomfeer, of ons nou volgens ons terme suksesvol is of nie. Wie weet hoe Jesus ons mislukkings kan gebruik?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Know Your Why: Finding and Fulfilling Your Calling

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om God se roeping in jou lewe aan te gryp. Vind en vervul jou roeping terwyl jy jou identiteit bevestig as iemand wat deur God geken word, vir wie Hy lief is en geroep het. Uittreksels kom uit die boek "Know Your Why" deur Ken Costa.

More

Baie dankie aan Ken Costa, Harper Collins en Thomas Nelson Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://knowyourwhybook.com