Vandag Se WoordVoorbeeld

Vandag Se Woord

DAG 4 VAN 10

Johannes 10:42

"En baie het daar in Hom geglo."

  • Ek en jy is geroep om gelowiges te wees. 
  • Twyfel, ongeloof en onsekerheid behoort geen plek in ons lewens te hê nie. 
  • Ons behoort aan Hom, ons is sy kinders en ons kan Hom vertrou en glo. 
  • Tree weg van twyfel en vrees en kies om nou in Hom te glo!

Gebed: Vader, ek verwerp al my twyfel en vrese en ek kies om my twyfel, my ongeloof en my huiwering vir volkome geloof en vertroue in U te verruil. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Vandag Se Woord

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More

Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe