Vandag Se WoordVoorbeeld

Jeremia 31:3
"Die Here het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid."
- Die liefde van God teenoor jou is groter as wat jy jou ooit kan verbeel.
- Sy liefde strek tot by die hoogste en laagste plekke waar ons onsself kan bevind.
- God se liefde vir jou duur voort en dit deurstaan die toets van die tyd.
- Hy het jou lief en sy onfeilbare liefde sal jou dra en onderhou.
Gebed: Vader, dankie vir u volmaakte liefde teenoor my. Mag ek nooit aan u eindelose, suiwer en getroue liefde vir my twyfel nie. Mag my hart verseker wees en veilig rus in u grenslose en onbeperkte liefde vir my. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More
Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe
Verwante Leesplanne

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie
