Vandag Se WoordVoorbeeld

Vandag Se Woord

DAG 3 VAN 10

Johannes 10:41

"En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar."

  • Jou lewe is miskien nie opsigtelik nie, maar jou woorde kan ‘n verskil maak. 
  • Lank na sy dood het mense onthou wat Johannes die Doper gesê het. 
  • Praat dus oor hoe groot God is, vertel van sy krag en sy grootheid. 
  • Woorde is soos saad, ons plant dit en hulle produseer hul eie oes.

Gebed: Vader, mag my mond nooit gevul word met ledige woorde nie, maar mag my mond spreek van u trou en goedertierenheid. Mag ek onthou word as iemand wat mense daaraan herinner het dat hulle op U kan vertrou en staatmaak. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vandag Se Woord

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More

Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe