Corrie ten Boom se Kersfeesherinneringe Voorbeeld
Kersfees gedurende Corrie se kinderdae
“Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors” (Jesaja 9:5).
Op 84-jarige ouderdom, onthou Corrie die soet herinneringe van die Kersfees uit haar kinderdae. Sy vertel dat die Kersvreugde nie gegaan het oor 'n kort en verbygaande blydskap wat verdwyn sodra die koue Januariemaand sy intog gemaak het om die Kerstyd se einde aan te kondig nie. Dit het gegaan oor 'n ewige, onuitspreeklike vreugde vol heerlikheid.
Ja, daar was die lieflike jeugherinneringe van haar ma en tante wat albei 'n gawe gehad het om Kersfees so kleurvol en gelukkig moontlik te maak. Sy onthou die huls en die enkele Kersversierings, soms selfs 'n klein Kersboompie, die Kerstafel met die rooi linte, waar die familie byeengekom het en die warm sjokolade met die suikerversierde Kersbrood wat hulle geniet het. Hulle het almal na die Sint Bavo-katedraal vir die kerkdiens gestap en “Met Midderdag" en “Kom alle getroues" gesing terwyl die klank van die wêreldbekende orrel die kerk vul. Alles was uitdrukkings van 'n ewige en onuitspreeklik heerlike vreugde.
Eerstens het hulle die woorde van die profeet Jesaja gevier wat daardie nag 2 000 jaar gelede in Betlehem vervul is: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê" (Johannes 3:16). Hulle het geweet Hy is die “Wonderbare Raadsman”, Hy is God, Hy het vrede gebring te midde van omstandighede. Eendag sal Hy terugkom en vir ewig regeer. Dit is die passievolle toewyding van die Here self wat dit gewaarborg het.
Dit was waaroor Kersfees in die Ten Boom-gesin gegaan het. Hulle wou hierdie Koning met hul hele hart, verstand en krag dien. Hulle wou hierdie Kersvreugde met soveel mense moontlik deel, want hulle het geweet dat die Here Jesus gesê het: “Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee" (Matteus 11:28).
Oordink
Kom ons vier Kersfees in die wete dat dit alles oor 'n ewige vreugde gaan, want "God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê". Hy is vandag ons Here en Koning!
Gebed
Dankie, Here, dat ons u koms na hierdie wêreld die hele jaar deur kan vier, want dit gaan oor 'n nimmereindigende waarheid en vreugde.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan gaan ons na Jesaja 9 kyk en uitvind hoe Corrie ten Boom gedurende haar kinderjare, vóór die oorlog sowel as in die konsentrasiekamp in Ravensbrück in 1944, Kersfees gevier het. Corrie het persoonlik in haar boek, "Corrie's Christmas Memories" (1976), oor hierdie Kersfeestye geskryf.
More