Ek KiesVoorbeeld
Ek Kies Oorgawe Bo Beheer (Deel 3)
Dis nogal vir my moeilik om van Abraham se verhaal te hou wat byna sy seun Isak, geoffer het. Daar het ek dit nou gesê.
Dit is waarskynlik die mees verstommende en verwarrende opdrag wat God ooit gegee het. Onthou, God het vir Isak aan Abraham belowe. Volgens Genesis 26:4, sou God ook deur Isak Abraham se nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel ('n ander belofte). Isak se geslagslyn sou uiteindelik tot by Jesus, die Seun van God, lei.
Dan is daar nog die kinderoffer kwessie. Het God besef Hy gee hierdie opdrag te midde van die sedelikheid waarin Hy sy mense onderrig het? Hierdie was 'n heidense gebruik aan afgode. Het God geweet wat Hy gevra het?
Hierdie verhaal het by my opgekom terwyl ek 'n sonde probeer wegsteek het. God het my ver bo verdienste geseën en my op 'n weg geplaas waarvan ek nooit kon droom nie. My eie gedrag het hierdie seëninge egter bedreig. Ek het wanhopig 'n manier probeer kry om my sonde te bely, sonder om, wat ek gedink het, God se straf te verduur.
Abraham se verhaal het my egter 'n nuwe perspektief gegee. Kan God dan so besitlik oor een mens wees dat Hy sy planne sal aanpas net om daardie persoon te behou?
Merkwaardig genoeg, bevestig hierdie verhaal dit. God wou vir seker weet dat Hy in Abraham se hart is. Dit het my aandag getrek.
Terwyl ek hierdie verhaal oordink het, was dit of God in my hart fluister: "Lê jou drome, jou toekoms op die altaar. Dit is niks in vergelyking met 'n ewigheid saam met My nie."
Abraham was aan God gehoorsaam. Hy is teen die berg uit, het sy seun op die altaar vasgemaak en die mes opgelig. Op daardie oomblik het God genade betoon. Hy het Abraham gekeer om sy seun uit te wis. Hy het 'n ram as offer voorsien en Abraham se getrouheid geseën. Ek is deur 'n baie soortgelyke reis.
Soms lewe ons asof God vir ons wag om ons sonde te bely of om beheer oor te gee, sodat Hy ons kan straf. Dit is glad nie die geval nie. Wanneer ons bereid is om alles af te lê en Hom te volg, bewys Hy genade, gee Hy sy Seun as offer in ons plek en seën ons vir ons getrouheid.
Aksie: Watter tasbare optrede is vir jou nodig om jou drome, bekommernisse, geheime of beloftes voor God op die altaar te lê?
Audra Blake, rolprentvervaardiger by Life.Church
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boodskappe van Craig Groeschel, wat van die kragtigste keuses bevat wat enigeen kan maak. Miskien kan ons nie altyd ons eie avonture kies nie, maar ons kan doelgerigtheid, gebed, oorgawe, dissipline, liefde en belangrikheid kies.
More