Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 10 VAN 12

Ek Kies Liefde Bo Wette (Deel 2)

My vriend, Lee, was nog 'n betreklik nuwe volgeling van Christus toe hy my 'n bietjie verslae kom spreek het. "Ek moet met jou praat oor iets wat my regtig onderkry," sê hy. Dit het hom 'n paar oomblikke geneem terwyl hy na die vloer staar: "Ek sondig nog steeds," blaker hy dit in frustrasie uit. "Ek het vir Jesus gevra om in my hart te kom en ek het dit werklik bedoel, maar ek dink nie dit het gewerk nie, want ek sondig nog steeds!" Vir ekstra klem voeg hy by: "Elke dag!"

Lee was opreg ontsteld. Soos ek, dink jy waarskynlik: Wag 'n bietjie, Lee — niemand kry dit reg om heeltyd reg te lewe nie. Ons kan almal met Lee se frustrasie oor sondige gewoontes identifiseer. Ek kan beslis. Die sonde mag iets baie ooglopend of iets meer subtiel soos selfsug, ydelheid of oordaad wees.

Dit was seker nie nodig om jou te herinner nie. Die Skrif noem ons vyand "die aanklaer." Hy herinner ons gedurig daaraan hoe sleg ons is en hoe dikwels ons misluk. Gelukkig het ons die Woord van God en die Heilige Gees om ons te help om terug te veg!

Daardie dag het ek en Lee vir 'n lang tyd gesels oor die wet teenoor genade en wetties teenoor liefde. Die wet kla aan. Genade vergewe. Wetties is veroordelend. Liefde red. Die Satan maak seer. Die Heilige Gees maak gesond. Die sleutel is om in pas te wees met wat hierdie Gees in ons gees doen. Geestelike groei is nie 'n geleentheid, aktiwiteit of selfs 'n doel nie.

Dit is 'n lewenslange proses wat deur God se liefde en reaksie aangevuur word. God weet dit. Net soos Lee, verbrou ons — elke dag — maar God se liefde is te groot en die Heilige Gees se krag te wonderlik om nou handdoek in te gooi. Moenie toelaat dat die aanklaer jou met die wet gooi nie. Kies liewer om daagliks deur God se liefde vernuwe te word.

Aksie: Probeer hierdie twee stappe: 1. Vertel 'n betroubare vriend watter aanklag jy in die gesig staar en vra om hulp. 2. Lees vandag se Skrifgedeeltes en nooi die Heilige Gees om jou 'n nuwe besef van God se helende liefde te gee.

Kyle Panter, apteker en Life.Church vrywilliger

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boodskappe van Craig Groeschel, wat van die kragtigste keuses bevat wat enigeen kan maak. Miskien kan ons nie altyd ons eie avonture kies nie, maar ons kan doelgerigtheid, gebed, oorgawe, dissipline, liefde en belangrikheid kies.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church