Ek KiesVoorbeeld

I Choose

DAG 11 VAN 12

Ek Kies Belangrik Bo Dringend

Wat is die belangrikste dinge in die lewe?

Wanneer jy daardie vraag hoor, neem ek aan dat daar vinnig 'n paar dinge in jou gedagtes opkom: God, familie, om 'n waardevolle bydrae tot die wêreld te maak, om maar net 'n paar te noem. Ons kan almal sommer gou 'n lysie maak — maar hoe dikwels is ons lysies in pas met die manier waarop ons ons tyd gebruik?

Stel jou voor dat jy op 'n reis vertrek waaroor jy al vir jare gedroom het. Die reis sal ongeveer 15 ure duur en jy is gereed en opgewonde. Mettertyd, nadat jy reeds 15 ure op reis was, besef jy dat jy oos in plaas van wes gery het en nie net op die verkeerde plek beland het nie, maar baie verder van die regte plek af is. Die bestemming was wel belangrik, maar jou aandag was afgelei en jy het 'n paar kritieke aanwysings gemis.

Dit is 'n seldsame storie oor 'n reis, maar 'n baie algemene lewensverhaal. Ons weet waarheen ons moet gaan, maar ons aandag word so afgelei deur wat reg voor ons is, dat ons die afdraaie en opritte mis wat ons na die regte pad moet neem. Ons kies om op te tree volgens wat dringend is en stel die belangrike onbepaald uit.

Dit is nou die beste tyd om op te tree, deur die drang te onderdruk om afleidings na te jaag. Dis dalk nodig om minder tyd aan sosiale media te bestee, of miskien heeltemal 'n blaaskansie daarvan te neem. Dit is altyd 'n goeie ding om soggens die Woord van God te lees. Dalk moet jy 'n slag vir jou medewerkers sê dat jou gesin eerste kom, sodat jy duideliker grense tussen jou werk en persoonlike lewe kan stel. Miskien moet jy die manier waarop jy geld spandeer, verander of hoe jy in verhoudings belê. Wat dit ook al is, maak weer die belangrike 'n dringendheid en doen nou iets om hierdie verandering te weeg te bring.

Aksie: Aan watter belangrike ding gee jy te min aandag? Watter dringende (maar nie-belangrike) ding ontvang te veel van jou aandag? Watter stappe moet jy doen om die twee andersom te doen?

Jordan Wiseman, YouVersion bemarker

Is jy gereed om op te tree? Begin The Time Is Now leesplan.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

I Choose

Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boodskappe van Craig Groeschel, wat van die kragtigste keuses bevat wat enigeen kan maak. Miskien kan ons nie altyd ons eie avonture kies nie, maar ons kan doelgerigtheid, gebed, oorgawe, dissipline, liefde en belangrikheid kies.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church