Lewe Veranderd: In die Nuwe JaarVoorbeeld

Living Changed: In the New Year

DAG 4 VAN 4

Maak 'n Verskil Met Jou Gawes 

Dit is 'n nuwe jaar waarin jy nuut kan begin met eindelose moontlikhede voor jou. In ‘n jaar van nou af, wanneer jy terugkyk op die komende paar maande, wat is die resultaat wat jy wil sien? Wil jy sien dat jy 'n verskil in hierdie wêreld en in God se koninkryk gemaak het?

Of jy dit besef of nie, God het sekere dinge op jou pad geplaas en jou geleenthede gegee om verskillende van jou vaardighede te versterk, sodat Hy jou vir jou doel kan voorberei. 

Elkeen van jou lewenservarings maak dat jy uniek is. Dink aan die natuurlike talente wat God aan jou gegee het, die verskillende geleenthede wat jy gehad het en die vaardighede wat jy verwerf het. Dink aan waar jy grootgeword het, waar jy gereis het, wat jy geleer het. Miskien verstaan jy verskillende kulture en kan jy assosieer met mense regoor die wêreld. Dalk skep jy kuns wat mense inspireer en tot optrede aanspoor. Die verskillende ervarings wat jy in jou lewe gehad het kan op hul eie lyk asof dit nie regtig saak maak nie, maar gesamentlik kan dit tot iets betekenisvol lei wat jy kan gebruik om God mee te verheerlik. 

Ons sien dit in die boek Ester, wat die verhaal van 'n Joodse vrou vertel wat in die unieke posisie was om haar mense van massa-volksmoord te red. Selfs as vrou en koningin van die Persiese koning, het sy haarself nie as spesiaal of belangriker geag vir God se plan as enigiemand anders nie. Sy het net haar bes probeer om te oorleef. As gevolg van wie sy was, waar sy gewoon het, die tyd waarin sy geleef het, die invloed wat sy gehad het en die wysheid wat God haar gegee het, het Hy haar gebruik om die Israeliete van die dood te red.

Daar is geen twyfel dat God vir jou vaardighede, talente, opvoeding, finansiële vermoë, status of invloed gegee het wat uniek is aan jou nie. Die vraag is hoe jy dit gaan gebruik. Jy hoef nie in voltydse bediening te wees om God se werk te doen nie. Jy kan vir God in jou besigheid of by die huis werk, met baie of met min. Die meeste van ons sal nie beroemd word nie, maar ons almal het invloed en unieke talente wat diegene in ons kring van invloed nodig het. 

Neem 'n oomblik om God te dank vir alles wat Hy vir jou gegee het — al die krag, karaktertrekke, kennis, invloed en middele wat spesiaal vir jou is. Vra Hom om jou te wys hoe daardie gawes jou uniek maak vir jou doel en hoe jy dit kan gebruik om ander se lewens vanjaar vir ewig te verander. Om in jou roeping te leef en ander te dien, sal lei tot 'n meer vervullende jaar. 

Ons bid dat God hierdie leesplan sal gebruik om tot jou hart te spreek.
Ontdek ander Lewe Veranderd leesplanne
Leer Meer Van Changed Women's Ministries 

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: In the New Year

Met elke Nuwejaar kry ons ‘n nuwe geleentheid vir ‘n nuwe begin. Moenie dat hierdie jaar net nog ‘n jaar wees wat begin met besluite wat jy nie end-uit sal kan volhou nie. Hierdie 4-dag leesplan sal jou kans vir nadenke en ‘n nuwe perspektief gee, sodat jy dit jou beste jaar ooit kan maak.

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com