Lewe Veranderd: In die Nuwe JaarVoorbeeld
Nuwe Jaar, Nuwe Etikette
Ons word elke jaar oorval met die nuutste vinnig-fiks-word giere en wenke om in die nuwe jaar 'n "nuwe jy" te word. Dit kan uitputtend wees om onsself elke Januarie te herontdek om te wees wie die wêreld dink ons moet wees. Ons moeite en pogings lei selde tot vervulling of aanvaarding. In plaas daarvan etiketteer mense ons wat veroorsaak dat ons ons identiteit slegs nog meer bevraagteken.
Niemand hou daarvan om geëtiketteer te word nie. Die rede daarvoor is omdat etikette dikwels oorveralgemeen, beperkend en onakkuraat is. Hulle kom met 'n stel aannames wat baie negatief kan wees en hulle beklemtoon dikwels ons slegste eienskappe of grootste foute. Etikette laat nie ruimte vir verskille, groei of geleentheid om jouself te bewys nie.
Ons almal dra etikette; of ons die etikette aanvaar wat ander op ons plaas en of ons dit op onsself geplaas het. Al te dikwels laat ons toe dat daardie etikette ons beperk en dit voel of ons net nooit goed genoeg is nie. Net. Ons voeg hierdie klein, maar betekenisvolle woord by wanneer ons onsself beskryf en die etikette toelaat om ons te diskwalifiseer. Jy het waarskynlik al gehoor hoe baie mense dit sê, miskien het jy dit self al gesê. "Ek is net 'n hoërskoolstudent" of "Ek is net 'n verslaafde."
Die waarheid is, jy is nie jou ouderdom, jou werkstatus, jou diagnose, jou huwelikstatus, jou stryd of jou verlede nie. Die etikette mag dalk jou situasie, jou tydperk of jou beproewing beskryf. Jou ware identiteit lê egter in wie God sê jy is en in niks anders nie.
Jy is pragtig, bekwaam en waardig. Jy is ‘n nuwe mens in Christus. Jy het nie ‘n gees van vrees ontvang nie, maar van liefde, krag en selfbeheersing. Jy is meer as 'n oorwinnaar deur Christus wat jou krag gee. Jy is doelbewus en vir 'n rede geskep. Jy is gekies en geliefd. Jy is goed genoeg.
Dink ‘n oomblik aan die etikette wat jy oor die afgelope jaar en gedurende jou leeftyd op jouself geplaas het. Hoeveel daarvan is in stryd met wat God van jou in die Bybel sê? Identifiseer die areas van jou lewe wat jou laat skaam voel, onseker of wat jy vrees iemand mag uitvind. Vra God om jou te wys watter etikette jou onderkry en vra Hom om jou te help om dit uit jou lewe te verwyder. Laat God toe om jou te help om jou identiteit met Bybelse waarheid te laat ooreenstem sodat jy hierdie jaar, allereers, as 'n kind van God kan lewe.
Aangaande hierdie leesplan
Met elke Nuwejaar kry ons ‘n nuwe geleentheid vir ‘n nuwe begin. Moenie dat hierdie jaar net nog ‘n jaar wees wat begin met besluite wat jy nie end-uit sal kan volhou nie. Hierdie 4-dag leesplan sal jou kans vir nadenke en ‘n nuwe perspektief gee, sodat jy dit jou beste jaar ooit kan maak.
More