Maak Kinders Groot Om Geld-slim Te WeesVoorbeeld

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

DAG 3 VAN 10

Dag 03: Wie is die baas?

"Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie" (Kolossense 3:23).

Ek het gedurende my hoërskoolloopbaan besluit om by 'n winkel in ons plaaslike winkelsentrum te begin werk. Ek was voorheen 'n baba-oppasser en het ook my sussie met die verkoop van peuselhappies by my pa se werk gehelp. Hierdie werk was egter anders. Ek moes volgens 'n skedule werk, 'n uniform aantrek en 'n bestuurder gelukkig hou.

Om eerlik te wees, aanvanklik was dit nogal vreesaanjaend, maar ek het net alles probeer onthou wat my ouers my oor werk geleer het. Ek het altyd betyds opgedaag en my bes gedoen.

Hoe het my baas daarop reageer? Sy was tevrede.

Vir my was dit 'n wonderlike gevoel. Alhoewel my ouers my vorige werke ondersteun het, was dit 'n ander vlak van aanmoediging om by iemand anders as my ouers te hoor ek het "goeie werk" gedoen. Dit was besonders.

Ek het later besef dat ek vir meer as 'n "mooi so" van 'n bestuurder moet werk. As 'n volgeling van Jesus, weerspieël ek God in my werk. Dit sê so baie van wie Hy is, of liewer, van wie ek dink Hy is.

Dit was vir my 'n deurbraak.

In sy brief aan die Kolossense daag Paulus ons uit om elke taak entoesiasties en energiek aan te pak, omdat ons op die ou end vir God werk. Ons moet hart en siel in ons werk stort sodat ons vir God tevrede kan stel, nie 'n mens nie. Hy is ons baas, en Hy verdien ons beste, keer op keer.

Ouers, werk is nie 'n slegte ding vir jou of jou kinders nie. Dis eintlik net die teenoorgestelde. Dit leer ons verantwoordelikheid en berei die kinders vir die lewe as volwassenes voor. Die waarde van harde werk, is die eerste stap om vir ons kinders te leer, sodat hulle standvastig kan wees.

Ons kinders moet ook die geestelike kant van werk nastreef. Wanneer hulle werk as deel van hul wandeling met God begin beskou, word dit meer as net 'n werk, dit dien as 'n offer aan Hom.

Moedig jou kinders aan om met hul hele hart vir hul ware Baas te werk.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

Rachel Cruze is grootgemaak en geleer hoe om met geld te werk. As Dave Ramsey se dogter, is sy van 'n jong ouderdom af geleer hoe om hard te werk, skuld te vermy, vrygewig te gee, met wysheid te spandeer en vir die toekoms te spaar. Rachel, gaan oor die volgende 10 dae met ons deel hoe haar kinderlewe as 'n Ramsey-kind was, terwyl sy ons deur 'n objektiewe, Bybelse benadering gaan neem hoe om ons kinders wysheid met geld te leer (geld-slim). Gebasseer op haar blits-verkoper boek "Smart Money Smart Kids", sal hierdie leesplan jou nie net uitdaag om jou kinders oor geld te leer nie, maar jou ook wys hoe om jou familieboom te verander vir die volgende geslag.

More

Ons dank gaan aan Rachel Cruze en Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.daveramsey.com