Maak Kinders Groot Om Geld-slim Te WeesVoorbeeld
![Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2868%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dag 07: Ons is die Bestuurders (Skenking)
"Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees" (Genesis 12:2).
Soos die meeste meisies, het ek as 'n tiener baie tyd by die winkelsentrum bestee. Amper elke Saterdag het my ma 'n groep van ons by die winkelsentrum gaan aflaai waar ons vir ure net rondgeloop het. Ons het meestal niks gekoop nie, net iets om te eet, maar nogtans was dit groot pret.
Eendag het my ma egter vir my en my sussie, Denise, 'n koevert vol kontant gegee en gesê ons moet twee weeskinders winkel toe vat.
Aanvanklik het ons maar ongemaklik gevoel. Ons het glad nie hierdie meisies geken nie en ons het nie geweet wat om vir hulle te sê nie, maar teen die tyd wat ons by die winkelsentrum aangekom het, het ons soos ou vriende gesels. Ons het dit ook vreeslik geniet om hulle te help om nuwe klere uit te kies.
Toe ma my later daaroor uitvra, moes ek erken dat ek dit meer geniet het as enigiets anders wat ek kon beplan het.
Toe ek daaroor nadink, besef ek, dit het so goed gevoel omdat ons iets van onsself gegee het. Ma en pa het die geld gegee waarmee ons betaal het, maar ons het ons Saterdagmiddag opgeoffer om ons talente as "persoonlike aankopers" te gebruik om ander te seën.
Omdat God so 'n wonderlike Gewer is, seën Hy ons met so baie. Hy gee aan ons tyd, talente en hulpbronne. Hy gee egter nie al daardie dinge net tot ons voordeel nie, maar sodat ons ander daarmee kan seën.
Dit word rentmeesterskap genoem, en dit is 'n baie belangrike les wat jou kinders moet leer in hulle opvoeding hoe om met geld te werk. Alles behoort aan God en ons bestuur slegs al sy besittings tot die eer van sy Naam.
Soms moet ons ons eie geld gebruik, maar dit kan ook ons tyd en vaardighede beteken. Rentmeesterskap laat ons kinders uit hul gemaksone kom, sodat hulle Jesus se hande en voete kan wees.
Dit herinner hulle dat hulle geseën word sodat hulle ander kan seën.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2868%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Rachel Cruze is grootgemaak en geleer hoe om met geld te werk. As Dave Ramsey se dogter, is sy van 'n jong ouderdom af geleer hoe om hard te werk, skuld te vermy, vrygewig te gee, met wysheid te spandeer en vir die toekoms te spaar. Rachel, gaan oor die volgende 10 dae met ons deel hoe haar kinderlewe as 'n Ramsey-kind was, terwyl sy ons deur 'n objektiewe, Bybelse benadering gaan neem hoe om ons kinders wysheid met geld te leer (geld-slim). Gebasseer op haar blits-verkoper boek "Smart Money Smart Kids", sal hierdie leesplan jou nie net uitdaag om jou kinders oor geld te leer nie, maar jou ook wys hoe om jou familieboom te verander vir die volgende geslag.
More