Maak Kinders Groot Om Geld-slim Te WeesVoorbeeld
![Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2868%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dag 08: Die lener is die slaaf van die een by wie hy leen (Skuld)
"Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen" (Spreuke 22:7).
Met Dave Ramsey as my pa, het ek in 'n "finansiële borrel" grootgeword. My ouers het my al vroeg in die lewe geleer dat wyse mense met minder leef as wat hul verdien, en jy koop nooit iets as jy nie alreeds die geld daarvoor het nie.
Om skuld aan te gaan was nooit vir ons 'n opsie nie, en ek het aangeneem dis hoe dit vir die res van die wêreld ook was.
Ek het egter binne my eerste paar dae op universiteit besef dat dit nie die waarheid is nie. Op ons oriëntasiedag het 'n meisie my uitgenooi vir ete, sy het selfs aangebied dat ek saam met haar kan ry. Ek kon die rede sien toe ons by haar motor kom, want dit was 'n baie mooi, splinternuwe BMW.
Sy het my vertel die motor was 'n matriekgeskenk. Sy het dit ook met haar heel eerste lening gefinansier waarvoor haar ma geteken het.
Net daar het my borrel gebars!
Op daardie oomblik het ek besef die meeste mense werk nie met geld soos ek geleer is nie. Klaarblyklik was ek nie normaal nie.
Dit maak tog nie saak nie, want vandag beteken "normaal" dat jy platsak is. Motor-, studente-, huislenings en kredietkaarte hang soos donker wolke oor die mensdom en bederf hul drome. Skuld is 'n dief. Dit steel jou vrede en jou nagrus.
Die Bybel beskryf die gevare van skuld nog verder. Dit is nie 'n sonde of verlossingsprobleem nie, maar tog is die boodskap duidelik: "Die lener is die slaaf van die man by wie hy leen."
Slawe het nie opsies nie. Hulle dien hul meester, en skuld is 'n wrede meester.
Ek ontmoet gereeld mense wat daardie soort slawerny eerstehands ervaar. Hulle dra die gewig van "normaal" volgens die wêreld se standaarde op hul skouers. Ek wil egter iets beter vir jou gesin voorstel. Ek wil hê dat jy 'n buitengewone (en Bybelse) ingesteldheid moet ontwikkel, dat dit moontlik is om sonder skuld te lewe.
Jou kinders gaan baie raad in die wêreld kry oor hoe om met geld te werk. Maak egter seker hulle hoor jou stem die duidelikste. Leer hulle oor die gevare van skuld, en wees eerlik met hulle oor die foute wat jy begaan het.
Verander jou familiestamboom deur die kettings van "normaal" te breek.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2868%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Rachel Cruze is grootgemaak en geleer hoe om met geld te werk. As Dave Ramsey se dogter, is sy van 'n jong ouderdom af geleer hoe om hard te werk, skuld te vermy, vrygewig te gee, met wysheid te spandeer en vir die toekoms te spaar. Rachel, gaan oor die volgende 10 dae met ons deel hoe haar kinderlewe as 'n Ramsey-kind was, terwyl sy ons deur 'n objektiewe, Bybelse benadering gaan neem hoe om ons kinders wysheid met geld te leer (geld-slim). Gebasseer op haar blits-verkoper boek "Smart Money Smart Kids", sal hierdie leesplan jou nie net uitdaag om jou kinders oor geld te leer nie, maar jou ook wys hoe om jou familieboom te verander vir die volgende geslag.
More