Die Grootste GeskenkVoorbeeld
Vrede in Jou Toekoms
Lees: Jesaja 9:6; Johannes 14:27–31
SOAP: Johannes 14:27
Vrede laat ek vir julle na, my vrede gee Ek aan jull. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.
Oordenking
God, ons groot Gewer, het ons die wonderlikste geskenk gegee toe Hy sy Seun aarde toe gestuur het as ons Verlosser. In sy groot barmhartigheid en wysheid bly God aan ons goeie en volmaakte gawes gee, nie net vir vandag nie, maar vir ons toekoms.
Op hierdie punt in die evangelie van Johannes het die dissipels nog nie die volheid besef van wie Jesus op hierdie stadium was nie. Hulle het gesukkel om te verstaan waarvan Jesus praat toe Hy gesê het dat Hy sou vertrek om vir hulle ‘n plek te maak in die huis van sy Vader. Dit is as gevolg van wat Jesus aan die kruis sou doen dat die dissipels en almal wat in Jesus glo, nie meer van God geskei sou word nie.
Benewens hierdie wonderlike geskenk, het Jesus ook belowe om ‘n Helper, of die Heilige Gees te stuur om vir ewig by ons te wees. Dit is slegs deur die geboorte, dood en opstanding van Christus dat ons toegang tot die Heilige Gees, toegang tot God, toegang tot die bronne van die hemel, ‘n oorvloedige lewe op aarde en ‘n ewige lewe in die hemel kan hê! Jesus belowe ook vrede, nie net vir die tyd toe die dissipels fisies by Hom was nie, maar vrede vir elkeen van ons. Hierdie vrede sal vir ewig duur.
Gebed
Vader, dankie vir die gawe van vrede wat U my gegee het, vrede vir vandag en vir die toekoms. Ek is so dankbaar dat U nie gee soos die wêreld gee nie; u geskenke is presies wat ek nodig het, nie net wat ek wil hê nie. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/