Die Grootste GeskenkVoorbeeld

Die Grootste Geskenk

DAG 38 VAN 43

Week 6: Die Gawe van Vrede

Vrede in Jou Hart

Lees: Kolossense 3:12-17

SOAP: Kolossense 3:15

En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.


Oordenking

Soos ons ons laaste week van ons Adventstudie begin en Kersdag naderkom, voel dit gepas dat ons tyd bestee om vrede te bestudeer. Ons lees in die verslag van Jesus se geboorte in die evangelie van Lukas dat die herders besoek is deur ’n engel en ’n groot hemelse leër wat sing: “Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde onder mense wat hom behaag!” (Lukas 2:14). Terwyl herders en wyse manne geskenke aan Jesus gebring het, het Hy vir ons die gawe van vrede gebring.

Hierdie vrede is nie ’n gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse om Christus in beheer van ons harte te plaas. Elke oggend word ons opgeroep om ’n baie spesifieke uitrusting aan te trek: barmhartigheid, vriendelikheid, nederig, sagmoedigheid, geduld, vergifnis en liefde (Kolossense 3:12-14). Dit is die uiterlike bewys van wat God in ons harte doen, en as ons kies om hierdie eienskappe en gedrag uit te leef, kan ons mense wees wat in vrede met ander leef.

Sodra ons onsself in hierdie deugde beklee het, kan ons vasstaan in ons geloof wanneer ons die woorde van Kolossense 3:16 uitleef: “Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.” Om in vrede met ander gelowiges te lewe, vind die beste plaas wanneer ons saam daaraan werk, mekaar aanspreeklik hou vir ons tyd in die Woord, wanneer ons deel wat God in ons lewens doen, wanneer ons mekaar aanmoedig en as ons saam God loof.

Ons word geroep om ambassadeurs van Christus te wees wat die wêreld wys hoe vrede op aarde werklik kan lyk. Hoe kan jy hierdie vrede hierdie week met ander deel?


Gebed

Vader, dankie vir die groot geskenk van Jesus en die vrede wat Hy vir elkeen van ons beskikbaar gestel het. Help my om elke dag te kies om my te beklee met die deugde en gedrag wat U vereer en ander aanmoedig om in vrede te lewe. Amen.





Dag 37Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Die Grootste Geskenk

Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/