Die Grootste GeskenkVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Hoe kan jy verkondig wat God in jou lewe gedoen het? Dink aan maniere om die verkondiging van God se goedheid 'n daaglikse gewoonte te maak.
2. Hoe het God in al jou behoeftes in die verlede voorsien? Glo jy dat Hy gewillig en in staat is om in al jou behoeftes in die toekoms te voorsien?
3. Wat beteken dit om 'n blymoedige gewer te wees? Hoe kan jy vandag blymoedig en gewillig gee?
4. Wat is God se wil vir jou, volgens 1 Tessalonisense 5: 16 –18?
5. Hoe het jy hierdie week God se goedheid in jou lewe ervaar? Prys Hom vandag vir sy goedheid!
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/