Die Hantering van VerdrietVoorbeeld

Handling Grief

DAG 8 VAN 10

Beweeg Van AS Na Ek Glo

Toe beide Marta en Maria vir Jesus eers by die graf ontmoet het, het albei vir Hom gesê: "As U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie."

Jesus wou hulle van 'n "AS" geloof na "ek glo" neem.

Toe Jesus kalm en liefdevol vir haar sê: "Jou broer sal uit die dood opstaan", het sy sarkasties geantwoord: "Ek weet ...!" Met elke hartklop het sy eintlik gesê: "Ek wou U hier gehad het om te voorkom dat hierdie aaklige ding ooit gebeur het."

Intussen het Jesus voortgegaan: "Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook." Daarna vra Jesus haar 'n baie ernstige vraag: "Glo jy dit?" waarop Marta antwoord: "Ja, Here, ek glo ..."

Die Bybel is baie duidelik dat daar na die dood, letterlik twee eindbestemmings op die hele mensdom wag: die ewige lewe en die ewige dood (Romeine 6:23). Diegene wat hul geloof in Jesus Christus plaas, ontvang die ewige lewe. Wanneer 'n mens sterwe, bly die liggaam dan in die graf, maar die siel word bewustelik en onmiddellik na die teenwoordigheid van Jesus geneem. Ons siele se onmiddellike eindbestemming is die hemel, aangesien Jesus self na die hemel toe opgevaar het (Handelinge 1:11) waar Hy tans vir ons 'n tuiste voorberei.

Wanneer ons dus sterf, word ons bewustelik en onmiddellik na die teenwoordigheid van ons Verlosser in die hemel geneem.

Ons geliefdes wat reeds gesterf het, het ons vooruit hemel toe gegaan. Hulle is nie meer in die verlede nie, hulle is reeds in die toekoms.

Ons moet die invalshoek verander waarmee ons na die dood van geliefdes kyk. In plaas daarvan om hulle as "dood en in die verlede" te beskou — moet ons hulle begin beskou as "ten volle lewendig in die hemel" — en begryp dat ons weer binnekort met hulle herenig sal word.

Jesus het baie oor die hemel gepraat. Sy onderrig was nie dat die hemel 'n teologiese abstrakte plek is nie. Hy het dit as sy huis beskryf — 'n werklikheid. Sy Vader is in hierdie plek (Lukas 10:21) waar alles presies is soos Hy dit wil hê (Matteus 6:10). Hy het sy volgelinge aangemoedig om hul skatte daar bymekaar te maak (verse 19-21). Hy het uit die hemel gekom (Johannes 3:13) en het verlang om daarheen terug te keer. Hy het ook belowe om sy volgelinge daarheen te neem om by Hom te wees (Johannes 14:1-3).

Jesus se vraag aan Marta, bring haar by die besluit wat die mensdom verdeel: "Glo jy dit?" (Johannes 11:26).

Dit is die diepgaande en eenvoudige transaksie wat hoop op die hemel aan seer harte bring. Daar is twee dele — die eerste is ons verantwoordelikheid en die ander is sy belofte. Indien jy dit glo, sal Hy jou opstanding en jou lewe wees.

Marta se antwoord het haar geloof in Jesus bevestig.

"'Ja, Here,' sê sy vir Hom, 'ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom'" (Johannes 11:27).

Die belangrikste dag in Marta se lewe was nie die dag wat Jesus haar dringende pyn verlig het deur Lasarus uit die dood te laat opstaan nie, maar die dag wat sy begryp het sy staan voor die Here Jesus en in Hom geglo het. Dit was die dag wat sy, haar suster en broer, die lewe ontvang het wat hulle al vir meer as twee duisend jaar, elke dag, in die hemel by Jesus geniet.

Vandag kan ook die belangrikste dag van jou lewe wees as jy in Jesus as jou Verlosser en Heer glo en weet dat jy binnekort die Here sal ontmoet. Daar sal jy die ewigheid saam met Hom en al jou geliefdes deurbring, wat in Hom geglo en jou vooruit gegaan het.

Aanhaling: "Geloof is die kuns om vas te hou aan wat ons begrip eenmaal aanvaar het, ongeag jou veranderende gemoedstoestande." C.S. Lewis

Gebed: Here, ek bid dat U my hartseer in blydskap sal verander terwyl ek glo in wie U is en my vertroue in U plaas. Amen.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Handling Grief

Wanneer iemand vir wie ons lief is sterf, ervaar ons gewoonlik verskillende emosies. Leer in hierdie 10-dag oordenking hoe om verdriet te hanteer as ons geliefdes hierdie aarde verlaat. Die Here het hierdie lesse vir my begin leer nadat my vrou aan die einde van Junie 2021 oorlede is.

More

Ons wil graag Vijay Thangiah bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://www.facebook.com/ThangiahVijay