In Afwagting van Kersfees: 'n 5-dag AdventleesplanVoorbeeld
Die Grootste Geskenk van Almal
Verbeel jou vir 'n oomblik hoe jou lewe sou wees as God nooit sy Seun aarde toe gestuur het nie. Dink hoe dit sou voel om sonder die belofte van 'n ewige lewe of 'n verbondenheid met God te bestaan. Oorweeg hoe dit jou verhoudinge, selfbewussyn en visie vir die toekoms sou beïnvloed.
As gevolg van die belofte van Kersfees, sal dit nooit 'n werklikheid wees nie.
Jesus se geboorte was 'n fisieke uitdrukking van God se oorvloedige liefde vir die mensdom. Ons hoef nooit die lewe sonder ons Verlosser te ervaar nie, want God het sy Seun gestuur om met ons te wees.
Hoe moeilik of besig hierdie Kerstyd ook al mag wees, nooi ons jou uit om 'n vars uitstorting van God se liefde te ervaar. Gebruik 'n oomblik om na te dink oor wat Jesus se geboorte vir jou beteken. Wanneer jy gereed is, bid die gebed hieronder.
'n Gebed vir Liefde:
Hemelse Vader,
baie dankie dat U my so liefgehad het, dat U u Seun vir my gegee het, nog voor ek U liefgehad het.
Dis deur u genadige, standvastige liefde dat ek in staat is om te verstaan hoekom Kersfees regtig saak maak.
Herinner my in die dae voor Kersfees, om na te dink oor die geskenk van u Seun.
Herskep my sodat ek iemand kan wees wat ander net so liefhet soos U my liefhet.
Wys my asseblief hoe om altyd in u liefde te wandel; die volmaakte liefde wat vrees verdryf.
Here, ek is lief vir U.
In die Naam van Jesus.
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
So dikwels is die somervakansie verby voordat ons 'n kans gehad het om daarop te fokus om ons harte vir Kersfees voor te berei. Advent is die manier waarop ons in herinnering roep dat God gekom het om by ons te wees, nog steeds by ons is, en weer sal kom. Vir die volgende vyf dae gaan ons die vier temas van Advent bestudeer: hoop, vrede, liefde en vreugde.
More