In Afwagting van Kersfees: 'n 5-dag AdventleesplanVoorbeeld

Die Opwinding van Hoop
Stel jou voor dis 'n stil, donker nag en jy is in die veld omring deur skape. Skielik verskyn 'n menigte engele en kondig aan dat na 400 jaar se gewag, die hoop van die wêreld opgedaag het — 'n baba wat Immanuel, "God met ons", genoem word.
Dis so maklik om op al die moeilike omstandighede en ervarings ingestel te wees, veral ná die uitdagings van die afgelope jaar. Advent bied egter vir ons die geleentheid om op God se beloftes te konsentreer en ons oë op Hom gevestig te hou.
Hierdie Kerstyd dien as 'n herinnering dat ons toegang tot dieselfde hoop het wat die skaapwagters jare gelede gehad het — in die wete dat die God van die heelal neerbuig om ons noodkrete te hoor en ons harte te genees.
Dit maak nie saak hoe vreesaanjaend of erg die donkerte vir 'n mens voorkom nie, ons kan vertrou dat daar sekerheid is in die beloftes wat in die Woord van God aangeteken is. Kom 'n rukkie tot stilstand en dink na oor God se getrouheid, terwyl ons hierdie Kerstyd ons oë op hoop vestig.
'n Gebed vir Hoop:
Hemelse Vader,
help my, met Kersfees op hande, om tot stilstand te kom en alles te onthou wat U in my lewe, my familie en my gemeenskap gedoen het.
Ek prys U omdat U die God is wat red. Ek is dankbaar dat my hoop in U is en nie in omstandighede of mense nie.
Omdat ek my hoop in U stel, is ek vol vertroue dat U u beloftes sal vervul. Herinner my vandag aan dit wat regtig saak maak. Help my om raak te sien hoe U te midde van my afwagting aan die werk is.
Trek my in hierdie Kerstyd nader aan U en berei my hart voor vir die vervulling van u beloftes.
In die Naam van Jesus.
Amen.
Aangaande hierdie leesplan

So dikwels is die somervakansie verby voordat ons 'n kans gehad het om daarop te fokus om ons harte vir Kersfees voor te berei. Advent is die manier waarop ons in herinnering roep dat God gekom het om by ons te wees, nog steeds by ons is, en weer sal kom. Vir die volgende vyf dae gaan ons die vier temas van Advent bestudeer: hoop, vrede, liefde en vreugde.
More
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Delf dieper deur Romeine

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op
