Wonderlik geskape: Ontdek die Identiteit, Liefde en Waarde Waarvoor Jy Geskep isVoorbeeld
Dag 2: Jy is geskape om God te ken
Jy is nie net wonderbaarlik geskape nie, maar jy is ook geskape om God te ken en 'n verhouding met Hom te hê. As 'n klein dogtertjie het ek altyd in God geglo, maar ek het nie geweet dat ek 'n ware, lewegewende verhouding met Hom kan hê nie. Dit was eers toe ek op 18-jarige ouderdom depressief in a psigiatriese hospitaal beland het, gereed om my lewe te neem, dat ek vir die eerste keer die Bybel begin lees het. Terwyl ek deur die evangelies lees, het ek ontdek dat ek nie net deur God geskape is nie, maar ook geskep is om God te ken deur 'n persoonlike verhouding met Jesus, sy Seun.
Gebroke soos net 'n meisie kan wees, het ek gesien dat Jesus die gebrokenes liefhet en vir hulle hoop en genesing bied. Ek het beweeg van glo in God as die Skepper, tot die besef dat ek ‘n Verlosser nodig het — en vir Jesus gevind.
Daar was nooit 'n enkele oomblik in jou lewe wat die Here jou nie liefgehad het nie. Dit maak nie saak wat jy gedoen het of hoe gebroke jy is nie, jy kan nie God se liefde opgebruik nie. Niks sal ons ooit van die liefde van Christus skei nie (Romeine 8:39). Nie ons ongeloof nie. Nie ons slegte besluite nie. Nie ons trots en selfgenoegsaamheid nie. Jy kan nooit sy liefde vir jou ontvlug nie.
Nie net word ons 'n liefde gebied wat ons nie kan ontvlug nie, maar ons kry ook 'n identiteit wat nie kan wankel nie. Soos Brennan Manning gesê het: “Definieer jouself as iemand wat God ingrypend liefhet. Dit is die ware self. Elke ander identiteit is ’n illusie.” In Christus ontdek ons dat Hy ons ingrypend liefhet sonder voorwaarde, volkome vergewe, geskep om vir ewig te lewe, en nooit te ver heen om gered te word nie.
Jy word uitgenooi om as sy geliefde te lewe en laat dit jou lewe vir altyd verander.
Nadenke
Hoe sal dit wees om ten volle en volkome geliefd deur Christus te leef en 'n vriendskap met God te hê?
Gebed
Jesus, help my om myself te definieer as ingrypend geliefd deur U, terwyl ek na U met my hele hart soek. Neem my lewe en vorm my volgens wat u doel vir my bestaan is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Om jou doel in die lewe te vind, begin met 'n eenvoudige maar diepgaande waarheid: jy is wonderlik gemaak. Bevraagteken jy ooit jou waarde of sukkel jy om te weet wat jou doel op aarde is? Tree in jou Godgegewe identiteit en ontdek die lewe waarvoor jy geskep is. Hierdie leesplan deur Allie Marie Smith deel vyf sleutelredes waarvoor jy geskep is en sal jou help om in jou waarde en roeping te wandel.
More