Wonderlik geskape: Ontdek die Identiteit, Liefde en Waarde Waarvoor Jy Geskep isVoorbeeld

Wonderfully Made: Discover the Identity, Love and Worth You Were Created For

DAG 1 VAN 5

Dag 1: Jy is Wonderlik Geskape

Het jy geweet, volgens wetenskaplikes is die kans dat jy gebore word, ongeveer een uit vier honderd triljoen of meer? 'n Wonderwerk beteken iets is so onwaarskynlik dat dit amper onmoontlik is. Volgens hierdie definisie is jy dus 'n wonderwerk!

In teenstelling met wat mense of wetenskaplike handboeke vir jou sê, is jy nie die gevolg van onwillekeurige kosmiese botsings nie. Jou gees weet van beter. Jy het nie wonderlik ontwikkel nie. Jy is wonderlik geskape. Die heelal sorg nie vir jou nie, maar wel die Een wat die heelal tot stand gebring het. Om die lewe te ontdek waarvoor jy geskep is, begin met die geloof dat jy deur God en vir God geskep is.

Om op 'n wonderbaarlike [liefdevol] wyse geskep te wees, beteken dat jy nie 'n ongeluk is nie. God het jou aanmekaargeweef in jou moeder se skoot en jy is in liefde, waardigheid, doelgerigtheid, verwondering en ontsag geskep. Daar is niks wat jy kan doen om by jou wesenlike waarde by te voeg of weg te neem nie. 

Wanneer die wêreld vir jou sê dat jy deur jou stryd, prestasies of voorkoms gedefinieer word, skuil dan by God, die Outeur van jou lewe en die Bron wat jou waarde bepaal, jou identiteit en eiewaarde. In Hom kan jou ware identiteit en waarde nooit wankel nie.

Nadenke

Hoe beïnvloed dit wat jy oor jouself glo en hoe jy tot stand gekom het, jou sin van identiteit en doel? 

Gebed

Vader, ek sien u vingerafdrukke oral om my in wat U geskep het. Ek loof U omdat ek liefdevol en wonderlik as u beeld geskape is. Help my om te rus in die waarheid dat my identiteit en waarde alleenlik van U kom. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wonderfully Made: Discover the Identity, Love and Worth You Were Created For

Om jou doel in die lewe te vind, begin met 'n eenvoudige maar diepgaande waarheid: jy is wonderlik gemaak. Bevraagteken jy ooit jou waarde of sukkel jy om te weet wat jou doel op aarde is? Tree in jou Godgegewe identiteit en ontdek die lewe waarvoor jy geskep is. Hierdie leesplan deur Allie Marie Smith deel vyf sleutelredes waarvoor jy geskep is en sal jou help om in jou waarde en roeping te wandel.

More

Baie dankie aan Moody Publishers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.moodypublishers.com/wonderfully-made/