Lewe Veranderd: Ma tot MaVoorbeeld

Living Changed: Mom to Mom

DAG 5 VAN 7

Vertroue

Ons kinders kom die wêreld binne ten volle afhanklik van ons. Ons wil hulle so graag beskerm, maar hulle kry brandboudjies, maagpyn, en verkoue. Dis harde werk om 'n baba te wees, maar dalk selfs moeiliker vir die mamma's wat dophou hoe hulle sukkel. 

My baba was maar vier daggies oud toe hy met geelsug gediagnoseer is en moes fototerapie ondergaan. Hy moes van Vrydagaand tot en Sondagmiddag onder 'n ultravioletlig in 'n kassie lê. Ons mag hom net uitgehaal het vir sy voedings en om sy doek om te ruil. Ek het dit gehaat. Ek het geweet die behandeling is noodsaaklik vir sy gesondheid, maar dit het my hart gebreek dat ek hom nie daarteen kon beskerm nie. Ek het magteloos gevoel. Die naweek het uiteindelik tot 'n einde gekom en die behandeling was suksesvol. 

Daardie moeilike dae het my help besef dat die sleutel tot oorlewing van ouerskap is om op God te vertrou. Hy is my baba se ware Beskermer. Ek het 'n belangrike rol om te speel, maar my vaardighede is beperk waar Syne nie is nie. So lief soos wat ek vir my seuntjie is, is God nog liewer vir hom. Ek kan my baba met veiligheid in God se hande vertrou. 

Dis nie altyd maklik om te kies om God met ons kinders te vertrou nie. Ons weet dalk dat God betroubaar is, maar ons vind dit steeds moeilik om ons twyfel en vrese aan Hom oor te gee. Ons kan egter oefen om te laat vaar en ons vrese aan die voet van die kruis neer te lê. 

In Jesaja belowe God vrede en vreugde aan diegene wat hul vertroue op Hom stel. God sal ons angstige gedagtes met sy vrede vervang wanneer ons kies om Hom met ons kinders te vertrou. Dis iets wat ons herhaaldelik sal moet doen — solank as wat ons kinders lewe. Hoe vroeër ons hierdie vertroue bemeester, hoe vroeër kan ons leer om in die vryheid wat God vir ons as mamma's het, te lewe. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Mom to Mom

Om 'n ma te wees is die lonendste rol wat ons ooit sal speel, maar die reis deur moederskap is 'n uitdaging. Dis propvol onsekerhede, beproewinge, vernederende oomblikke, en geleenthede om op God te vertrou. In hierdie 7-dag leesplan, deel sewe ma's vanuit verskillende fases van die lewe hulle ondervinding en wysheid oor moederskap.

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com