Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld
![Geloof Bo Volmaaktheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F27721%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Genesis 15; Romeine 4:1–5, 20–25
SOAP: Genesis 15:6
Abram het toe in die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens die wil van die Here gehandel het.
Oordenking
Hoewel Abram se optrede nie altyd onwrikbare geloof getoon het nie, is dit duidelik dat hy geglo het dat God sy belofte sou nakom. Abram het God gevra hoe Hy sy groot beloftes sou vervul, beloftes wat weens Abram se ouderdom onmoontlik gelyk het. God het Abram gerusgestel in sy twyfel en hom herinner aan wie Hy is. Abram het God geglo, en God het Abram se geloof tot geregtigheid gereken.
Die geregtigheid wat Abram deur sy geloof ontvang het, het beteken dat hy voor God geregverdig was. Dit het nie beteken dat Abram nie gesondig of foute gemaak het nie, maar dat God Abram regverdig gemaak het, iets wat net God kan doen. God het aan Abram toegeskryf dat hy regverdig voor Hom staan, en Hy het nie meer Abram se sondes teen hom gereken het nie. Abram is geregverdig vanweë die geregtigheid wat God hom toegeskryf het.
Paulus het Abram se geregtigheid deur geloof breedvoerig beskryf in Romeine 4. Abram se werke het hom nie geregtigheid gegee nie, maar net sy geloof. Soos Abram, word ons alleen deur geloof gered. Ons werke red ons nie, ons geloof in Christus red ons.
Die Bybel noem die sondes, gebreke en ongeloof van elke persoon behalwe een: Jesus Christus. Hy alleen het ’n sondelose lewe gelei, en Hy alleen is die een aan wie geregtigheid toegeskryf kan word op grond van sy werke. Ons word die geregtigheid van Christus toegeken, toegeskryf aan sy geregtigheid wanneer ons ons geloof in Hom stel.
In die geval van Abram was hy oortuig dat God in staat was om te doen wat Hy beloof het: om hom ’n erfgenaam te gee, hom die land te gee en hom te seën. Om ons geloof in Christus te plaas, beteken dat ons glo dat God sal doen wat Hy gesê het Hy sal doen. Dit beteken dat ons daarvan oortuig is dat Jesus se volmaakte lewe en offer aan die kruis genoeg is vir ons om as regverdig voor God gereken te word. Ons word die geregtigheid van Christus gegee wanneer ons ons geloof in Hom stel.
God vra geloof van ons van ons op dieselfde manier as wat Hy van Abram geloof gevra het. Hy wil nie ons volmaaktheid of groot werke vir Hom hê nie. Dit is ons geloof wat ons regverdig maak.
Gebed
Here God, ek plaas my geloof in U. Ek glo dat geloof in Jesus Christus die enigste manier is om voor U as regverdig gereken te word. Ek glo in Jesus en glo dat U my met sy geregtigheid sal toereken. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
![Geloof Bo Volmaaktheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F27721%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/
Verwante Leesplanne
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53962%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Staan weer op
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54067%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie
![BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53912%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53497%2F320x180.jpg&w=640&q=75)