Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld
![Geloof Bo Volmaaktheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F27721%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Genesis 17; Romeine 4:9–12; Galasiërs 6:12–16
SOAP: Galasiërs 6:14–15
Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld. Of 'n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy 'n nuwe mens is.
Oordenking
Die aard van ‘n verbond is dat albei partye sekere standaarde moet handhaaf of bepaalde verpligtinge moet nakom. Dit word dalk nie meer vandag altyd verbonde genoem nie, maar ons gaan pal kontraktuele verpligtinge aan. ‘n Huweliksverbond beteken dat man en vrou mekaar wedersyds sal liefhê, eer en aan mekaar getrou sal bly. ‘n Kontrak tussen ‘n verhuurder en huurder beteken dat die huurders nie die eiendom sal beskadig nie, en indien hulle sou, sal daar skadevergoeding geëis word.
Verbonde met God is anders. Wanneer God ‘n verbond sluit, openbaar dit meer van sy karakter en sy vermoë om sy beloftes na te kom as van diegene met wie Hy die verbond sluit.
Die Abrahamitiese verbond is gesluit toe God ‘n belofte aan Abram gemaak het. Meer as ‘n dekade later het God Abram se naam na Abraham verander en aan hom ‘n vereiste vir die verbond gestel. Die verandering van Abram se naam het gedui op ‘n verandering in sy omstandighede: God sou binne ‘n jaar deur Sarai vir hom ‘n seun gee. Hulle nuwe name, Abraham en Sara, was herinneringe aan God se hernieude eed en belofte. Die nuwe vereiste van die verbond – besnydenis – het Abraham nie gered nie; sy geloof het. Die besnydenis was die teken wat God aan Abraham, sy huishouding, en almal wat hom sou leer ken, gegee het dat hy deur God afgesonder is. Besnydenis het aangedui dat Abraham en sy familie gewillige deelgenote van God se verbond was.
Net so min as wat die besnydenis Abraham gered of hom as regverdig gereken het, red ons dade ons vandag. Abraham is as regverdig gereken voordat hy enigiets gedoen het om sy regverdigheid te verdien. Abraham kon nie roem op sy dade nie omdat God gekies het om hom deur genade alleen te red. Net geloof kan ons red, niks anders nie. Daar is niks wat ons kan doen om ons verlossing te verdien nie. God het deur sy Seun ‘n verbond met ons gesluit wat slegs op sy regverdigheid berus. Ons word as gevolg van Jesus as regverdig gereken. Dit is ‘n gratis geskenk van God wat ons slegs deur geloof in Jesus Christus ontvang.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U my verlos het. Herinner my wanneer wettiesheid my onderkry, dat ek op niks anders as U kan roem nie; net U kan red. Dankie dat U my voortdurend deur u genade ‘n nuwe skepsel maak. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
![Geloof Bo Volmaaktheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F27721%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/
Verwante Leesplanne
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53497%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54067%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Staan weer op
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53962%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
![BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53912%2F320x180.jpg&w=640&q=75)