Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Lees: Genesis 18:16–33; Psalm 1
SOAP: Psalm 1:5–6
Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie. Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.
Oordenking
Abraham het geweet dat God regverdig is en dat al God se optrede ‘n weerspieëling van sy karakter is. God se voorneme om die goddeloses wat in Sodom gebly het, te verdelg, was geregverdig. Hulle boosheid het so erg geraak dat God geen ander keuse gehad het as om hulle van die aarde af te vee nie (lees van God se soortgelyke reaksie op goddeloosheid in Genesis 6:1–8). Sou daar egter enige regverdige mense in Sodom wees, sou God nie die reg gehad het om die hele stad te vernietig en die regverdiges saam met die goddeloses uit te wis nie.
Abraham het geweet dat God niks in stryd met sy karakter sou doen nie. Abraham het verskeie kere ‘n beroep op God gedoen en vir die regverdiges in Sodom gepleit. Nie alleen het Abraham se broerskind in Sodom gebly nie, maar Abraham het ook baie mense daar geken. Abraham het immers hierdie mans, vroue en kinders van hulle vyande gered (lees Genesis 14). Natuurlik wou Abraham glo dat ten minste sommige van hierdie mense regverdig is en werd om gered te word.
Alhoewel God vasbeslote was om die stad Sodom te vernietig, het Hy na Abraham se pleidooi geluister. God het van plan verander en belowe om die stad net uit te wis as daar minder as tien regverdige mense sou wees. God was bereid om ter wille van ‘n paar regverdiges die goddeloses in die stad te spaar. Sy geregtigheid blyk uit sy bereidheid om die regverdiges te spaar, al was die redding van die regverdiges slegs moontlik as die goddeloses toegelaat sou word om met hulle goddeloosheid voort te gaan.
Ofskoon ons nooit God se besluite ten volle sal verstaan nie, openbaar Abraham se voorspraak vir die mense van Sodom baie omtrent God se karakter. God was nie net met Abraham geduldig nie, maar ook met die mense van Sodom. As ons wonder of God ons geroep na geregtigheid hoor, kan dit wat ons beskou as versuim van God se kant om op te tree, soms juis sy reddende hand wees. Sy geregtigheid word nooit verkeerd aangewend nie.
Gebed
Vader God, ek glo dat U regverdig is. Alhoewel ek miskien nie altyd u optrede verstaan nie, glo ek dat dit altyd regverdig is. U kan nie onregverdig optree nie. Help my om te sien hoeveel U vir die regverdiges omgee, selfs as dit lyk asof U die goddeloses voorspoedig maak. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Delf dieper deur Romeine

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Staan weer op
