Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Lees: Genesis 19:1–14; Rigters 19:11–30; Romeine 1:16–32
SOAP: Romeine 1:16–17
Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.”
Oordenking
Die verhaal van die gebeure in Sodom is dikwels ontstellend en ontnugterend om te lees. Die twee engele het die stad besoek om te sien of die goddeloosheid van die mense so erg was as wat hulle gehoor het. Die mense van Sodom se gebrek aan gasvryheid en hulle hardhandige optrede teenoor die vreemdeling was ‘n aanduiding van hulle morele gesteldheid. Hulle begeerte en pogings om Lot se besoekers te misbruik, toon die omvang van hulle verdorwenheid.
Terwyl die goddeloosheid van Sodom bedoel is om ons as lesers te ontstel, is die goddeloosheid van die mense van Benjamin in Rigters 19 nog meer afskuwelik. Die mans van Gibea, ‘n stad van Benjamin, ‘n stam van Israel, het sedelik net so verdorwe geraak as die mans van Sodom. Die mans van Gibea het die boosheid van die Kanaäniete selfs oortref toe hulle ‘n jong vrou wreed aangerand en vir dood agtergelaat het.
Die doel met die vertelling van Sodom was om vir God se volk te wys dat verdorwenheid en sonde nooit ver weg is nie. Genesis is geskryf vir die geslag Israeliete wat die Beloofde Land binnegegaan het. Hierdie verhaal is bewaar om hulle te herinner wat hulle nie moet doen nie, om as waarskuwing te dien om hulle nie soos die Kanaäniete rondom hulle te gedra nie. Tog het God se volk net ‘n paar geslagte later dieselfde goddeloosheid nagedoen.
Hierdie vertellings dien vandag vir ons as ‘n waarskuwing. Wanneer ons aan God se opdragte gehoorsaam bly, nie net aan dié wat vir ons gemaklik of voordelig is om te volg nie, het ons gemeenskap met Hom. Wanneer ons onder die invloed van die wêreld rondom ons, diegene wat God nie ken nie, begin navolg, maak ons ons skuldig aan dieselfde euwels.
Die evangelie van Jesus Christus bied vergifnis en genade vir ons sonde. Jesus het ons straf gedra, en Homself geoffer sodat ons God kan ken. Die evangelie is egter onvolledig sonder die opstanding van Christus, die lewe wat ons in Hom as sy kinders ontvang. Ons moet in sy weë wandel, aan sy opdragte gehoorsaam wees. ‘n Lewe wat onbeskaamd vir die evangelie geleef word, beteken ook ‘n lewe wat onbeskaamd Christus se opdragte volg, ongeag wat dit mag kos.
Gebed
Here Jesus, U alleen is die enigste weg na God toe. Ek glo dat U vir my sonde gesterf en vir my vryheid gegee het. U offer is genoeg. Ek wil ‘n lewe lei wat nie skaam is vir die evangelie nie. Wys my hoe ek dalk nog aan dinge van die wêreld vasklou, en help my om in U vry te raak van hierdie dinge. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Delf dieper deur Romeine

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Staan weer op
