Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Lees: Genesis 21:1–7; Job 8:20–21
SOAP: Genesis 21:1
Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het. Hy het sy belofte aan haar nagekom.
Oordenking
Watter vreugde moes Sara beleef het toe sy besef wat besig was om te gebeur! Sy het gewag en gewag. Sy het probeer om deur haar slavin 'n gesin te bou. Daar is aan haar 'n seun belowe, en sy het gelag oor die belaglikheid van die idee. Maar hier was sy en kon sy sien hoe God sy belofte aan haar nakom.
Alhoewel die belofte van afstammelinge en land van die begin van die verhaal van Abraham spesifiek vir Abraham blyk te wees, herinner hierdie vers ons daaraan dat Sara, as Abraham se vrou, 'n gelyke deel in die belofte gehad het. God het ook aan haar beloftes gemaak. Hy het belowe om vir haar 'n kind te gee, selfs op haar oudag. Selfs in haar ongeloof en haar pogings om 'n gesin deur Hagar te bou, het God sy belofte gestand gedoen. Sy belofte aan Sara is in sy perfekte tydsberekening nagekom.
Die vervulling van hierdie belofte het groot vreugde verskaf. Haar gebruik van die woord lag is 'n sinspeling op die naam Isak. Sara het gelag uit ongeloof toe God vir haar sê dat sy 'n seun sal hê. Nou lag sy van vreugde oor die vervulling van die belofte.
Abraham en Sara het albei met lag en met lof op die geboorte van Isak gereageer, op die vervulling van die belofte. Abraham reageer ook in gehoorsaamheid aan God en vervul sy verantwoordelikheid teenoor die verbond. God het belowe dat Hy deur Sara vir Abraham 'n seun sou gee en Abraham het die verbond vervul deur Isak te besny. Alhoewel daar nog uitdagings in die toekoms sou wees, het die geboorte van Isak die geloof van Abraham en Sara herstel en hulle herinner aan die krag en goedheid van God. Hy is 'n God wat sy beloftes nakom.
Gebed
Here God, U kom u beloftes na. Ek loof U vir die manier waarop U u belofte aan Sara nagekom het en die manier waarop U u beloftes aan my gestand doen. Ek weet dat nie een van u beloftes al ooit misluk het nie. Ek vertrou U terwyl U in my lewe bly werk. U is die groot Beloftehouer. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Delf dieper deur Romeine

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Staan weer op
