Gee Gebede KragVoorbeeld

Gee Gebede Krag

DAG 4 VAN 4

Die belofte van gebed

Jy voel so hulpeloos en ontsettend gefrustreerd wanneer jy iets verskriklik sien gebeur. Jy voel magteloos en kwaad wanneer iets buite jou beheer is, iets wat jy glad nie kan verander nie.

Jy kan selfs in die versoeking kom om te dink dat God, as Hy hoegenaamd bestaan, die kluts kwyt geraak het. As jy kyk na die terrorisme, die gruweldade, die rampe wat vandag oor die hele wêreld voorkom, om nie eers te praat van die beproewinge wat elkeen van ons in ons eie lewens ondervind nie, kan jy regtig begin wonder ...

En jy kan selfs versoek word om te dink dat God van sy trollie af is, en dat jy niks kan doen om dinge te verander nie.

Dan hoor jy 'n grapjas soos ek, wat sê: “Wel, jy kan bid, weet jy?” En jy dink by jouself: Dit is nou regtig ‘n simpel voorstel. Oukei, ek kan bid. En dan? Watter verskil gaan my gebed maak? 

Nou-ja, kyk weer hoe Jesus dit gestel het in sy woorde, wat die moeite werd is om te herhaal:

As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. (Johannes 15: 7).

Net wat julle wil hê! Dit is 'n verregaande belofte. Dis nie ek wat so sê nie, maar die Koning van die konings en die Here van die here.

Ek laat jou graag vandag met hierdie gedagte ...

As jy in enige situasie of in omstandighede heeltemal magteloos is om iets anders te doen, bid. Deur te bid doen jy die enkel, kragtigste ding wat jy ooit kan doen.

Herkou dit net 'n rukkie ... en bid oor dit wat jou pla. Want selfs as jy die mag gehad het om daardie een situasie of die omstandigheid wat buite jou beheer is, te verander, is jou gebed steeds die kragtigste ding wat jy ooit kan doen.


Vraag 1

Hoe voel jy wanneer jy die nuus lees of na konflik, natuurrampe en ander groot kwessies in die wêreld kyk? Is jy gespanne, angstig of selfs kwaad?

Vraag 2

Hoe reageer jy as jy groot persoonlike kwessies, soos verhoudingsprobleme, wat ons almal van tyd tot tyd ondervind, gesondheidsprobleme of finansiële probleme ondervind? 

Vraag 3

Glo jy Jesus se woorde in Johannes 15: 7? Diep in jou hart ... glo jy Hom?

Vraag 4

Bid nou. Beleef 'n opregte, intieme ontmoeting met jou hemelse Vader. Vra Hom om jou met sy Gees te vul en om jou die krag van gebed te leer namate jou verhouding met Hom groei.


Ervaar meer van God se kragtige Woord, wat lewensveranderend werk. Laat ons ‘n VARS oordenking daagliks na jou e-posbus stuur en gebruik dit as 'n hulpmiddel om jou gebedslewe te verdiep! 


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Gee Gebede Krag

Vir God is gebede wat kragtige resultate lewer normaal. Waarom het so baie van ons 'n ekskuus-tog-dat-ek-lewe houding teenoor gebed? En hoe kan ons vrykom om 'n vol, dinamiese en florerende gebedslewe te geniet en om God se ongelooflike krag aan die werk te sien? Sluit aan by Bybeldosent, Berni Dymet van Christianityworks, bestudeer gebede in die Bybel en stel die krag van gebed in jou lewe vry!

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/