Gee Gebede KragVoorbeeld

Gee Gebede Krag

DAG 3 VAN 4

Die Intimiteit van Gebed

Hoe bid jy wanneer jy bid? Hoe is jy geleer om te bid? En as jy met iemand anders praat, soos jy met God praat, sou dit vir hulle sinvol wees?

Die tipe gebed wat ek as 'n kind geleer is, was ‘n formele gebed.

Jy is veronderstel om te kniel, jou kop te buig, jou hande saam te vat en dan met 'n paar aangrypende, lofwaardige, kragtige woorde voor die dag te kom.

Die probleem is: dít is glad nie die tipe gebed waarvan die Bybel praat nie!

Kom ons kyk na Jesus se gebed net voor sy kruisiging. Ons word vertel dat Hy op die grond neergeval en gebid het. Hy was onder geweldige druk en Hy het sy hart voor sy Vader in die hemel uitgestort. Hy het presies vir sy pa gesê wat hy dink en voel.

In Matteus 26:39 staan daar: Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” 

Dit is Jesus wat tot sy Vader in die hemel gebid het. Dit is onverbloemd. Dit is opreg. Dit spreek van ‘n verhouding. Dink daaroor na.

God het jou liewer as wat woorde ooit kan sê. En as jy vir iemand so lief is, wil jy tog hê dat hulle werklik opreg met jou sal wees. Jy wil hê dat hulle hul harte voor jou moet uitstort. Jy wil hê dat hulle jou moet vertel wat regtig aan die gang is, nie waar nie?

Jou pa in die hemel is net dieselfde. Jou stil tye van gebed is die mees intieme oomblikke wat jy ooit met God sal beleef.

Wees eerlik ... wanneer laas het jy jou hart voor jou pa in die hemel uitgestort? Onverbloemd. Opreg. ‘n Gesprek wat op ‘n verhouding berus. 

Dit is nou 'n kragtige gebed.


Vraag 1

Wanneer jy bid, is jy ‘n "geslote-oë, gevoude-hande"- tipe persoon, of het jy ander maniere wat beter vir jou werk?

Vraag 2

Wat is jou hoofdoelwit wanneer jy bid? Bid jy uit pligsbesef; of het jy iets spesifiek nodig; of bid jy om 'n sterker, dieper verhouding met jou hemelse Vader te bou?

Vraag 3

Ontbreek jou gebedslewe krag en intimiteit? Probeer om op verskillende tye, buite, of in die motor te bid. Sing. Hou ‘n dagboek. Spandeer lang tye in stilte. Vra Hom om met jou te praat.

Vraag 4

Neem 'n paar oomblikke en skakel af van die geraas daar buite. Kom in God se teenwoordigheid en sit net 'n rukkie by sy voete. Stort jou hart voor Hom uit.



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Gee Gebede Krag

Vir God is gebede wat kragtige resultate lewer normaal. Waarom het so baie van ons 'n ekskuus-tog-dat-ek-lewe houding teenoor gebed? En hoe kan ons vrykom om 'n vol, dinamiese en florerende gebedslewe te geniet en om God se ongelooflike krag aan die werk te sien? Sluit aan by Bybeldosent, Berni Dymet van Christianityworks, bestudeer gebede in die Bybel en stel die krag van gebed in jou lewe vry!

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/