Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

Die vreugde van weggee
Ons het baie besittings – huise en kaste vol daarvan, meer as enige vorige generasie. En dan koop ons aanhoudend nog meer. Hoekom? Ons geniet die vreugde van besit, en die veiligheid dat daar “genoeg” is vir die dag van môre. Daarom loop mense deur winkels en stap uit met vreugde, maar ongelukkig ’n vreugde wat nie lank duur nie.
Die vreugde van iets bykry, hou nie lank nie. Daarom sê die Bybel om te gee, maak mens gelukkiger as om te ontvang (Hand. 20:35). Wanneer mens iets weggee, veral vir iemand wat dit nodig het, gee dit langdurige vreugde. Jy onthou dít baie langer as die baie goed wat jy vir jouself bygekoop het.
As jy oplettend is vir dit wat ander nodig het, en jy gee dit vir hulle, beleef jy vreugde wat lank hou. Gaan kyk in jou kaste vir dinge wat jy kan weggee vir iemand wat dit nodig het en geniét dan die leë kas!
Lees die volledige vers in Handelinge 20:35. Dis ’n geluksresep.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Delf dieper deur Romeine

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
