Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld
Voëls is kommerloos – maar wel aktief
Weet jy hoe sorg God elke dag vir die voëls? Dalk moet jy vandag of môre tyd maak om buite te gaan sit en die voëls dop te hou. Jy sal wel vroeg moet begin, want voëls slaap nie laat nie. Wat let jy op? Die Here sorg vir voëls deurdat hulle self baie hard werk; hulle begin vroeg-vroeg en is die hele dag besig.
Dis ook hoe die Here vir ons sorg. Hy vra dat ons sal beplan en werk en die hele dag op die uitkyk sal wees vir nuwe moontlikhede. Hy vra dat ons nie ons tyd sal mors met kommer nie, want kommer vreet die energie wat ons nodig het om te werk. Angs tap energie én lewensvreugde. Angstige voëltjies sing nie! Daarom, kyk na die voëltjies, en aap hulle na.
Lees weer Matteus 6:26. Word opnuut bewus van God se voorsiening in jou lewe, maar ook jou eie verantwoordelikheid in jou lewe.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/