Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

’n Mengelmoes lekker emosies: Vreugde
Party mense se lewensdoel is om tog net gelukkig te wees. Geluk is egter soos spookasem – dis ’n sekonde in jou mond en dan weg. As dit ons lewensdoel is om heeltyd gelukkig te wees, jaag ons iets onbereikbaars na. Dis dan wanneer mense die emosie probeer koop deur alkohol of dwelms, wat dan chemies ’n geluksgevoel skep.
Die égte emosie is eerder vreugde, nie geluk nie. Vreugde is ʼn geskenk en gawe van die Heilige Gees. Dis om te weet my verhoudings is in orde; die verhouding tussen my en God, en tussen my en mense. Geluk is ’n kortstondige emosie wat die gevolg is van dade. As ek die regte dinge dóén, selfs dinge wat veeleisend is, beloon God my met vreugde, ’n egte, diep emosie van geluk.
Wens jy dat jy meer gelukkig kan voel? Kweek dit eers deur dade en geniet dit dan.
Elkeen van die verse in Matteus 5:3-12 vra baie van ons, maar die gevolg is ware vreugde en seën.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Delf dieper deur Romeine

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
