Hier Is Ek, HereVoorbeeld
BLY IN VERHOUDING
Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Die volgende is egter belangrik om deur ons hele lewe heen te bly groei:
Ons kan net na Jesus toe groei as ons met Hom self te doen het. Al die kennis van al die boeke oor Christus is nie genoeg nie. Ons het nie net inligting nodig nie, ons het ook 'n herskepping nodig! Ons lewens moet verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade.
Ons verhouding met ander gelowiges is eweneens belangrik. Die voorbeeld en insette van geestelike leiers, van medegelowiges verander ons ook. Dit leer ons liefde, geduld, vergifnis, nederigheid, omgee, belydenis, en dies meer. Hierdie dinge word nie in isolasie geleer nie, maar in verhouding.
Om uit verhouding te tree is om geestelik te stagneer. Onthou, op jou eie sal jou kooltjie net flouer en flouer word. Bly in verhouding!
Jesus Christus, help my om in verhouding met U te bly sodat ek veel vrug kan dra. Help my ook om deur ander gelowiges gevorm te word. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ewe en om te groei in jou verhouding met God, ander en jouself, is jy gereed om saam met Jimi le Roux te sê: HIER IS EK, HERE!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/