Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 10 VAN 12

WIE WORD JY?

Geestelike groei is ’n proses. Dit duur jou lewe lank. Trouens, God gebruik alles in jou lewe – die goed én die sleg – om by te dra tot jou geestelike groei. Jy kan maar sê jou lewe is die kurrikulum wat jy moet volg, die program wat jy moet deurwerk om te word wat jy moet word. Ons moet dus baie bewus leef, baie bedag wees op wat gebeur en waarom. Ons moet ons wording in gedagte hou, dat God besig is om met ons te werk en ons te verander tot voorwerpe van eer.

As ons dus teenspoed en probleme beleef, moet ons vra: Here, waarmee is U besig? Wat is u doel, watter lesse moet ek leer? Eweneens, as ons seën of voorspoed beleef, moet ons God se werk probeer onderskei sodat ons sinvol daarby kan aansluit. Op dié manier groei ons in sý wil in, word ons gevorm en gemaak, word ons wat Hy beoog. Op dié manier werk alles ten goede mee!

Teenwoordige Here, waarmee is U besig? Wat wil U hê moet ek tans leer? Hoe kan ek sinvol daarby aansluit? Hoe kan ek U eer? Amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ewe en om te groei in jou verhouding met God, ander en jouself, is jy gereed om saam met Jimi le Roux te sê: HIER IS EK, HERE!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/