Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 6 VAN 12

JOU HELE LEWE LANK

Die transformasie waarvan ons praat, ons geestelike vorming, is ’n proses wat ons lewe lank sal duur. Onthou, ’n geboorte is nie ’n groot einddoel op sigself nie. O nee, dis net die kleinste begin van ’n lewenslange proses van groei en ontwikkeling. So is die nuwe geboorte ook net die klein, meestal onsigbare, begin van die nuwe lewe in jou. Die wind van die Gees doen sy skeppingswerk in jou, soos Jesus dit beskryf, maar die effek daarvan ontplooi vir die res van jou lewe.

Moenie daaroor moedeloos wees nie – die Here is nie. Onthou, ons het ver om te groei: van ’n hoogmoedige en eie-ek-mens tot by “Christus gelykvormigheid”, selfloos en oorgegewe aan God, beskikbaar en bruikbaar in sy hand. Weereens: Dis sý werk, nie joune nie – Hý neem daarvoor verantwoordelikheid. Bly vandag net naby Hom – Hy wil jou in die volgende stap inlei, en jy wil dit nie mis nie!

Vader, my hele lewe behoort aan U. Lei my dag vir dag in u wil in – maak my daagliks meer soos Christus. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ewe en om te groei in jou verhouding met God, ander en jouself, is jy gereed om saam met Jimi le Roux te sê: HIER IS EK, HERE!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/