'n Beter WegVoorbeeld

A Better Way

DAG 7 VAN 7

Onwankelbare Gehoorsaamheid

Ons het al 'n paar keer gesels oor die beter weg wat Jesus ons belowe het, maar dit is heeltemal afhanklik van ons gewilligheid om ons eie weg prys te gee en Syne te volg. Met ander woorde — om gehoorsaam te wees.

Jesus maak dit so duidelik: 

"… As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry" (Matteus 16:24-25).  

Om die weg van Jesus te volg, beteken dus om ons eie planne aan sy doel te onderwerp. Sy doel is altyd soveel groter as ons eie perspektiewe. 

Trouens, net voor Jesus die stelling gemaak het dat ons Hom op sy weg moet volg, het Petrus hom gekritiseer omdat Hy sy eie dood voorspel het. Hierop het Jesus geantwoord: 

"… Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê” (Matteus 16:23).  

Ons dink soms ons weet wat die beste weg is, maar eintlik "ken ek net gedeeltelik" (1 Korintiërs 13:12b). Wat as die grootste vyand vir die lewe wat jy graag wil leef, jou huidige lewe is? Wat as jou houvas op jou lewe jou juis weerhou om dit werklik te geniet? 

Die Skrif herinner ons dat daar 'n weg is wat vir ons reg lyk, maar die "uiteinde daarvan is die dood" (Spreuke 14:12). 

Gelukkig het Jesus gekom om ons 'n beter weg te wys, en sy beter weg lei tot die lewe. 

Jesus se weg behels egter om jou aan Hom oor te gee. 

Daardie gehoorsaamheid gaan nie altyd maklik wees nie. Selfs Jesus moes aan sy Vader gehoorsaam wees: "Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis" (Filippense 2:8). Hy het voor sy gevangeneming by God om 'n uitweg gepleit. Nogtans het Hy sy wil aan die wil van God onderwerp — en dit het gelei tot verlossing vir almal wat Hom aanvaar. 

As jy dus na jou lewe kyk, hoe vorder jy om die weg van Jesus te volg? Probeer jy vir Jesus werk, of ervaar jy Jesus se werke in jou? 

Die tyd het aangebreek dat ons, ons eie weë prysgee vir Jesus se weg, in die wete dat ons van daardie oomblik af waarlik 'n beter weg sal ervaar. 

"Waarlik, een dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God" (Psalm 84:11). 

Bid: Vader, dankie dat U deur Jesus vir ons 'n beter weg gegee het. Help my om my eie weg volkome aan U oor te gee, wetende dat dit soveel beter is as wat ek my ooit kan voorstel. Lei my terwyl ek daarna streef om aan U gehoorsaam te wees en wys my hoe om soos U te leef. In die Naam van Jesus. Amen. 

Toepassing: Staan tyd af om vir God te vra dat Hy jou sal wys hoe om aan Hom gehoorsaam te wees. Gaan dan en doen dit!

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

A Better Way

Het jy al ooit gevoel, ongeag hoeveel dinge jy reg doen, dat dit altyd die verkeerde resultate oplewer? Dalk probeer jy met God kontak maak, maar jy voel of jy verder van Hom is as ooit tevore. As jy op die punt van ineenstoring is, is hierdie 7-dagleesplan, gelei deur Pastoor Craig Groeschel, beslis vir jou. Die tyd het aangebreek om nie langer vir Jesus te werk nie, maar eerder in Jesus se weg te wandel.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/