'n Beter WegVoorbeeld
Deurlopende Gemeenskap met die Vader
Ons het gister gesels hoe ons, ons besige lewe kan verruil vir ‘n tempo van vrede, maar hier is die verrassing: ware vrede kan slegs deur God se teenwoordigheid verkry word.
Ons kan nie ‘n deurbraak verwag as ons afwesig is nie. Inteendeel, ons moet God soek en vertrou dat slegs Hy vir ons die rus kan gee wat ons nodig het.
Jesus het die voorbeeld vir ons gewys deur Hom af te sonder om te bid. Ons is geroepe om dieselfde te doen. Johannes 15 verduidelik dit so:
“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie” Johannes 15:5.
Sonder Jesus kan ons niks doen nie. Daarom is dit belangrik dat ons 'n verbintenis met ons Skepper sal hê. In Hom, vind ons alles wat ons nodig het.
Wat doen jy dus as jy probeer om met die Vader 'n verbintenis wil maak, maar steeds verder van Hom af voel as ooit tevore?
- Hou aan bid. In Lukas 18:1-8, vertel Jesus die verhaal van ‘n weduwee wat aanhou om by ‘n ongenaakbare regter om geregtigheid te vra. Uiteindelik gee die regter in omdat sy so aanhou. Dalk kry jy nie die antwoorde waarna jy soek nie — of moontlik voel dit of jy niks kry nie — maar God hoor jou, en jou geduld is dit werd.
- Beoordeel jou versoek. Die afwesigheid van die antwoord is moontlik ‘n aanduiding dat jy jou vraag moet aanpas. Dalk vra jy vir God om duidelikheid, maar Hy wil hê jou vertroue in Hom moet groei. In plaas daarvan om te bid om duidelikheid, kan jy God vir groter vertroue in sy plan vra. Jy kan steeds aanhou om God te vra vir dit wat jy wil hê, maar oorweeg om eerder te vra vir dit wat jy nodig het.
- Bring 'n verandering aan. Dink na oor jou hegste vriendskappe. Oor die jare het julle verhouding moontlik verander, het dit nie? Dit sou uiters vervelig gewees het as julle met elke kuiertjie dieselfde dinge gedoen het. Oorweeg dus om jou gebedslewe ook te verander! Jy kan probeer om jou gebede in ‘n joernaal neer te pen, bid ‘n psalm of bid selfs die Ons Vader. Staan meer tyd af om te luister, beweeg rond wanneer jy bid, of bid saam met ander mense.
Selfs Dawid — ‘n man so na aan God se hart — het in verskeie psalms uitgeroep na God en gevra waarom Hy hom nie antwoord nie. Jy is nie alleen as jy ver van God af voel nie, Hy is met jou, Hy is daar vir jou en Hy sal ‘n ontmoeting met jou hê solank jy net nie moed verloor nie.
Bid: Here, ek verlang na u teenwoordigheid. Ek weet U is daar, maar ek kan nie met U kontak maak nie. Wys vir my watter areas in my lewe ek moet verander sodat ek u stem kan hoor, help my om U op ‘n nuwe manier te ervaar. Dankie dat U altyd my gebed hoor. In die Naam van Jesus. Amen.
Toepassing: Watter een ding kan jy hierdie week in jou gebedslewe verander? Dink daaroor na, wy jou dan daaraan toe oor die volgende paar dae.
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gevoel, ongeag hoeveel dinge jy reg doen, dat dit altyd die verkeerde resultate oplewer? Dalk probeer jy met God kontak maak, maar jy voel of jy verder van Hom is as ooit tevore. As jy op die punt van ineenstoring is, is hierdie 7-dagleesplan, gelei deur Pastoor Craig Groeschel, beslis vir jou. Die tyd het aangebreek om nie langer vir Jesus te werk nie, maar eerder in Jesus se weg te wandel.
More