PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld
Mans
Baie vroeë Japannese Christen bekeerlinge was uit die Samurai krygersklas. Om Christus te volg, het aanklank gevind in die Japannese manlike gees. Tog, is daar deesdae egter minder as 1 uit 1 000 Japannese mans wat die kerk bywoon.
Kom ons stem ooreen vir 'n herlewing van geestelike krygers: Japannese mans wat Christus as Meester volg en in gemeenskap saamkom om mekaar te ondersteun en te onderrig.
AANBIDDING — Here, u troon is gevestig in die hemel.
"Die Here het sy troon in die hemel gevestig, sy heerskappy strek oor alles en almal" Psalm 103:19 (AFR83).
Here, U het u troon in die hemel gevestig, u heerskappy strek oor alles en almal!
VERKLARING — Mag God se ewige doel vir die kerk in Japan verwesenlik word.
"Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim" Efesiërs 3:10.
Vader, ons verklaar dat u bedoeling is om deur die kerk van Japan, die veelvuldige wysheid van God aan die heersers en owerhede in die hemelse ryke bekendgemaak moet word.
BID — God, wys asseblief vir gelowiges waar hulle werklik leef en woon.
"Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee" Efesiërs 2:6.
Here, dankie vir u groot liefde vir Japannese gelowiges. Wys hulle dat U hulle saam met Christus lewend gemaak het en hulle opgewek en saam met Hom in die hemelse koninkryk laat sit het!
Aangaande hierdie leesplan
Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as voortreflik, maar ontoepaslik. Kerkbywoning dobber rondom 0,3%. Kom ons stem ooreen met die Woord van God terwyl ons aanbid, verklaar en bid vir 'n deurbraak in hierdie pragtige nasie.
More