PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld
Volharding deur Beproewinge
Alhoewel baie sendelinge na Japan toe gaan, vind hulle dit moeilik om in Japan te woon; hulle sukkel dikwels met eensaamheid, afsondering en 'n gevoel van geen waarde.
Kom ons stem ooreen dat God moeë sendelinge, plaaslike Japannese werkers en gelowiges sal laat herleef. Mag God hulle help om te volhard en lewens van oorwinning te lei.
AANBIDDING — Ons roep na die Vader om hulp.
"Luister tog, Herder van Israel, U wat die nageslag van Josef soos 'n kudde lei;
U wat oor die gerubs troon, verskyn tog aan ons! Openbaar u mag aan die stamme Efraim, Benjamin en Manasse, kom help ons tog!
Laat dit weer met ons goed gaan, o God, verskyn tog tot ons redding!" Psalm 80:2-4 (AFR83).
O Herder van Israel, U wat oor die gerubs troon, verskyn tog aan ons! Openbaar u mag; kom red die Japannese. Herstel hulle, o God; laat u aangesig oor hulle skyn, dat hulle gered kan word.
VERKLARING — Ons is meer as oorwinnaars!
"Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om 'n klinkende oorwinning te behaal — deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het" Romeine 8:37.
Vader, ons verklaar in al die uitdagings van die lewe dat gelowiges in Japan deur U meer as oorwinnaars is.
BID — Help gelowiges om die kwaad deur die goeie te oorwin.
"Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie" Romeine 12:21.
Vader, help u vermoeide kinders in Japan om nie deur die kwaad oorwin te word nie, maar om die kwaad deur die goeie te oorwin. Vernuwe harte en denke, gees, siel en liggame deur die krag van u Gees.
Aangaande hierdie leesplan
Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as voortreflik, maar ontoepaslik. Kerkbywoning dobber rondom 0,3%. Kom ons stem ooreen met die Woord van God terwyl ons aanbid, verklaar en bid vir 'n deurbraak in hierdie pragtige nasie.
More