PRAY4JAPAN â 17 Dae Gebedsgids vir JapanVoorbeeld

Arbeiders vir die Oes
Hoewel dinge stadigaan besig is om te verander, is 'n algemene reaksie op die evangelie van nie-gelowiges neutraal; nie warm of koud nie.
Kom ons stem ooreen dat God nuwe arbeiders vir die oes in Japan sal oproep om die evangelie van die koninkryk passievol te verkondig en uit te leef.
AANBIDDING â Ons rig ons oë op God wat alles en almal besit!
"Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here" Psalm 24:1 (AFR83).
Here, die aarde en alles daarop behoort aan U! Japan, en almal wat daar woon, behoort aan U!
VERKLARING â Mag die poorte van Japan vir die roemryke Koning oopgemaak word.
"Gaan oop, o poorte!
Gaan oop, eeue-oue deure,
sodat die roemryke Koning kan ingaan.
Wie is die roemryke Koning?
Die Here, die Almagtige, HÜ is die roemryke Koning" Psalm 24:9-10 (NLV).
Vader, ons verklaar dat die poorte van Japan sal oopgaan, sodat Jesus, die roemryke Koning, kan ingaan en in Japan regeer.
BID â Jesus, stuur u dissipels uit na die oes.
"Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. Hy het vir hulle gesê: 'Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in"' Lukas 10:1-3.
Vader, Jesus het gesê die oes is groot, maar die arbeiders min. Ons vra U, die Here van die oes, om arbeiders uit te stuur om die lande in Japan te oes.
Aangaande hierdie leesplan

Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as voortreflik, maar ontoepaslik. Kerkbywoning dobber rondom 0,3%. Kom ons stem ooreen met die Woord van God terwyl ons aanbid, verklaar en bid vir 'n deurbraak in hierdie pragtige nasie.
More