Wat om te Verwag Wanneer God PraatVoorbeeld
Wat om te verwag wanneer God met jou praat — 3
Terwyl God met jou praat en jy deur die Gees van God gelei word, sal jy geëer word. Psalm 23:5 AFR53: “U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.” Terwyl jy in hierdie tydperk deur die Gees van God gelei word, sal God self jou vereer, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Terwyl jy deur die Gees van God gelei word, sal jy bevorder word. Deuteronomium 28:1: “As jy GOED LUISTER NA DIE HERE jou God, en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel.” Dit is 'n beginsel van die Woord van God. Kenneth Hagin het op grond van sy ervaring met predikante, en gemeentelede, gedeel dat wat een pastoor, of een Christen van 'n ander onderskei, die feit is dat hy of sy na God luister en God gehoorsaam. Niemand is die superster nie. Niemand is beter as die ander nie. Niemand is sterker as die ander nie. Die verskil is om in lyn te wees met God. Wanneer jy in lyn is met God, sal Hy jou bevorder.
Terwyl jy deur die Gees van God gelei word, verseker jy jou plek in God se teenwoordigheid. Ek bid, in die Naam van Jesus, dat jou plek in God se teenwoordigheid nie leeg sal wees nie. As sy kind het jy 'n plek in God se teenwoordigheid, en my gebed is dat jou plek in die Naam van Jesus nie leeg sal wees nie. Psalm 23:6: “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.” Omdat die Here jou herder is, en jy deur die Gees van God gelei word, is jou plek in God se teenwoordigheid in die Naam van Jesus verseker. Wat sê God? Die opdrag aan ons is om God se aangesig te soek. Die opdrag aan ons is om die ingesteldheid van gehoorsaamheid te hê terwyl ons sy aangesig soek en sy stem hoor. Die opdrag aan ons is om die leiding van sy Gees te volg en in lyn te kom met sy rigting. Eers dan sal ons tot die volheid van die waarheid kom wat Dawid met ons deel in Psalm 23.
Psalm 23:1-6 AFR53: “'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly tot in lengte van dae.”
Wat sê God? Wat sê God oor jou gesondheid, jou finansies, jou volgende posisie? Ken jy sy stem? Kan jy sy stem onderskei van ander stemme? Na wie se stem luister jy werklik, wie se leiding volg jy eintlik? Dalk is dit tyd om te kyk wie jou herder is en hoe naby jy aan Hom is. Onthou, die grondslag om van God te hoor is om aan Hom te behoort. Johannes 10:27: “My skape luister na my stem. Ek ken hulle, en hulle volg My.” Jy moet aan God behoort om van God te hoor. Jy moet sy "skaap" (volgeling) wees om die voordele van die goeie herder te geniet. As jy nie met vertroue kan sê dat jy sy "skaap" is nie, is dit nou die tyd om dit met God uit te sorteer. As jy weggedwaal het van sy kudde, is dit nou die tyd om uit te roep. Hy roep selfs nou na jou.
Herder van my siel, ek gee U volle beheer. Ek sal volg waar U my ook al lei. Ek het die keuse gemaak om na u stem te luister. Ek sal gaan waar U my ook al lei. Of dit nou groen weivelde is of by waters waar daar vrede is. Die herder van my siel is met my. "Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig." Die Herder van my siel sal my lei
Aangaande hierdie leesplan
Ons moet almal 'n begeerte ontwikkel om God se stem te hoor. Ons moet egter bereid wees om God te gehoorsaam indien ons sy stem wil herken en deur sy Gees gelei wil word.
More