Wat om te Verwag Wanneer God PraatVoorbeeld

When God Speaks: What to Expect

DAG 1 VAN 3

Wat om te verwag wanneer God praat — 1

Ons almal behoort 'n behoefte te ontwikkel om God se stem te hoor. Ons moet egter 'n ingesteldheid van gehoorsaamheid hê om God se stem te herken en deur sy Gees gelei te word, soos ons in 1 Samuel 3:1-14 lees. Dit is 'n ingesteldheid van gehoorsaamheid; 'n gehoorsaamheid wat sê ek besluit vooraf om te doen wat God my ook al vra om te doen. Ek besluit vooraf om sy leiding te volg al verstaan ek dit nie. Ek besluit vooraf om op die water te loop as Hy sê "kom". Psalm 27:8 “Ek onthou wat U gesê het: 'Julle moet My kom dien!' Ek is hier om U te dien, Here..” Die doel van hierdie leesplan is om jou te wys wat sal gebeur as jy God se stem hoor en gehoorsaam. Dit sal jou 'n honger in jou skep om sy stem te hoor.

Wanneer God met jou praat en jy deur die Gees van God gelei word, verwag dat Hy in al jou behoeftes sal voorsien. Ek weet ons sukkel soms om te glo dat Hy in al ons behoeftes kan of behoort te voorsien. Om aan God se beloftes te twyfel stel jou in gevaar om in armoede te leef. Watter plek het lyding in die lewe van 'n Christen? Wanneer jy lyding ondervind sal jy weet dat God jou deur 'n moeilike tyd neem. Dit sal egter nie die begin en einde van jou lewensverhaal wees nie.

Psalm 23:1: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.” Met ander woorde, omdat ek sy stem hoor het ek alles wat ek nodig het. Sal Hy in almal se behoeftes voorsien? Ongelukkig is die antwoord, nee, nie in almal s'n nie. Dit kom neer op die ingesteldheid van gehoorsaamheid. God sê in Deuteronomium 15:4: “As jy maar net luister na die Here jou God en gehoorsaam is aan al hierdie gebooie wat ek jou vandag gee en daarvolgens lewe, sal daar nie 'n arme onder jou wees nie, want die Here sal jou baie voorspoedig maak in die land wat Hy jou gee om as jou eie te besit.” En dit is God se begeerte vir sy volgelinge. In Deuteronomium 15:11 sê God: “Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.” Is dit 'n teenstrydigheid? Geensins. God sê eintlik net dat sommige mense nie God se opdragte [leiding] sal volg nie en dus sal hulle nie ondervind dat Hy in al hulle behoeftes voorsien nie.

Psalm 23:1: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.” Wanneer ek nie alles het wat ek nodig het nie, moet ek gaan kyk wie my herder is, want daar is geen manier waarop ek aan God gehoorsaam kan wees en dan gestrand is nie — dis beslis heeltemal onmoontlik! Die meeste kere wanneer ons God hoor praat is die probleem dat ons Hom nie gehoorsaam nie. Daarom, as jy hoor en gehoorsaam is, en deur die Gees van God gelei word, sal Hy in al jou behoeftes voorsien. Psalm 23:1 ABA — “Die Here is my Herder, Hy sorg vir my, ek het genoeg van alles..”

Herder van my siel, ek gee U volle beheer. Ek sal volg waar U my ook al lei. Ek het die keuse gemaak om na u stem te luister. Ek sal gaan waar U my ook al lei. Of dit nou groen weivelde is of by waters waar daar vrede is. Die herder van my siel is met my. "Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig." Die Herder van my siel sal my lei.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

When God Speaks: What to Expect

Ons moet almal 'n begeerte ontwikkel om God se stem te hoor. Ons moet egter bereid wees om God te gehoorsaam indien ons sy stem wil herken en deur sy Gees gelei wil word.

More

Ons wil graag vir Femi Monehin en God's Favorite House bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.gfhlive.tv