Wat om te Verwag Wanneer God PraatVoorbeeld
Wat om te verwag wanneer God praat — 2
Wat moet jy verwag wanneer God met jou praat? Eerstens, as jy deur die Gees van God gelei word, sal Hy in al jou behoeftes voorsien.
Tweedens, aangesien jy deur die Gees van God gelei word, sal jou posisie strategies wees. God sal jou op baie mooi plekke plaas. Psalm 23:2: “Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is”. Soos jy in die Naam van Jesus Christus van Nasaret saam met God wandel en God hoor, sal jou posisie strategies wees.
Derdens, terwyl jy deur die Gees van God gelei word, sal jy 'n regverdige lewe lei. Om 'n regverdige lewe te lei beteken om die regte besluite te neem en stappe te doen, om die regte keuses te maak. Psalm 23:3: “Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy naam.” Waarom sal God jou op die regte pad lei? Tot die verheerliking van sy Naam. God het belange in jou lewe. Dit is in sy belang dat jy op die regte pad wandel, dus is dit in sy belang om jou te lei. In die magtige Naam van Jesus sal sy leiding nooit 'n stryd in jou lewe wees nie.
Vierdens, soos jy deur die Gees van God gelei word, sal vrees ver van jou af wees. Psalm 23:4 AFR53 sê: "Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my." Wanneer God naby is, verloor ons ons vrese. As jy ondervind dat jy bang is, kyk hoe naby jy aan jou herder is. Dink aan wat die toekoms vir jou inhou as jy vreesbevange is, en kyk dan na jou verhouding met God om te bepaal hoe na aan jou Herder jy is. Dit is bloot omdat ons vrese verdwyn wanneer God naby is. God se teenwoordigheid is ons beskerming. Psalm 11:1: “Ek skuil by die Here. Hoe durf julle vir my sê: 'Vlug na die berge toe soos 'n voël!'"
Herder van my siel, ek gee U volle beheer. Ek sal volg waar U my ook al lei. Ek het die keuse gemaak om na u stem te luister. Ek sal gaan waar U my ook al lei. Of dit nou groen weivelde is of by waters waar daar vrede is. Die herder van my siel is met my. "Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig." Die Herder van my siel sal my lei.
Aangaande hierdie leesplan
Ons moet almal 'n begeerte ontwikkel om God se stem te hoor. Ons moet egter bereid wees om God te gehoorsaam indien ons sy stem wil herken en deur sy Gees gelei wil word.
More