VriendskapVoorbeeld
Vriende wat die Ekstra Myl Loop
Lees: Markus 2:1-5
SOAP: Markus 2:4
Toe hulle hom weens die gedrang nie by Jesus kon kry nie, breek hulle die dak reg bokant Hom oop, en nadat hulle 'n opening in die dak gemaak het, laat hulle die draagbaar waarop die verlamde man gelê het, daardeur afsak.
Oordenking
Hoe lyk ‘n goeie vriend of vriendin? Die vriende in hierdie gedeelte is ‘n kragtige voorbeeld van wat dit beteken om ‘n opregte vriend te wees. Hierdie vriende het geweet hoeveel hulle vriend ly en het gehoop dat Jesus hom kon genees. Toe die skare mense dreig om hulle vriend se genesing in die wiele te ry, het hulle nie tou opgegooi nie. Hulle het ‘n baie kreatiewe oplossing gekry wat groot geloof aan die dag gelê het. Waar ons lees dat Jesus hulle geloof gesien het, beteken dit dat Hy nie net die hardwerkende vriende se geloof gesien het nie, maar ook die verlamde man s’n.
Dit vra geloof om vir jou vriende op te kom, en dit verg geloof om hulle vir jou te laat baklei. Wanneer ons vriende swaarkry, moet ons dié soort vriende wees wat sal veg om God se vertroosting en genesing te verkry. As ons swaarkry, is dit dikwels nodig dat ons ophou om self te probeer stry en ons vriende toelaat om ons laste saam met ons te dra. Ons was nie bedoel om selfonderhoudend te wees nie; ons is geskape met ‘n behoefte aan verhoudinge wat ons weer by God sal uitbring.
Gebed
God, wys vir my wie in my lewe seer het. Gee vir my die middele om hulle goed te kan help en gee vir my die regte woorde om hulle te troos en U te verheerlik. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com