VriendskapVoorbeeld
Christus-gesentreerde Vriendskap
Lees: Romeine 12:1-8, 1 Petrus 4:10
SOAP: Romeine 12:4-5, 1 Petrus 4:10
Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.
As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.
Oordenking
Ons wens dalk soms dat ons vriende meer soos ons was — dat hulle dieselfde belangstellings as ons sou hê, net soos ons voel, oor alles met ons saamstem — maar dis baie goeie nuus dat ons nie almal dieselfde is nie. Ons kan mekaar op unieke maniere versterk en bemoedig omdat ons almal verskillende gawes het. Iemand het dalk ‘n sterk geloof waarop ‘n ander vriendin kan steun wanneer sy sukkel om God te vertrou. Iemand anders met ‘n goeie begrip van die Skrif kan dit aan haar vriendinne uitlê. Hierdie gawes is nie vir ons om op ons eie te geniet nie, maar dit word deur God aan ons gegee om mekaar te dien en tesame nog meer in Christus verenig te word.
Ons behoort aan mekaar, en daarom het ons geen reg om ons eie gawes net vir ons eie gewin te gebruik nie. Vriendskap kan ons help om op te hou kompeteer of gawes te vergelyk, die kollig op onsself te vestig of iemand anders se gawes gering te skat. Ons is in dieselfde span, en ons gawes is bedoel om mekaar aan te vul.
Gebed
God, wys my hoe om my gawes te gebruik om die liggaam van Christus te dien. Wys my hoe om my vriende met hulle gawes aan te moedig en dit opreg te waardeer in plaas van te kompeteer of te vergelyk. Help ons om vir die wêreld te wys wat dit beteken om in U verenig te wees. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com