VriendskapVoorbeeld
Die Impak van Sonde op Vriendskap
Lees: Genesis 3:8-13, Genesis 4:6-8
SOAP: Genesis 3:8
Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin.
Oordenking
Die toetrede van sonde tot die wêreld het die mensdom op baie maniere beïnvloed. Die wêreld waarin ons leef is fundamenteel verander: die skepping wat goed geskape was, is nou gebroke en korrup. Mense het verander: ons verhouding met God is verbrokkel en ons oriëntasie het na binne gedraai. Ons sal deurgaans selfsugtige en sondige keuses maak wat onsself, mekaar en God seermaak. Sonde het ons verhoudinge beïnvloed — beide vertikaal en horisontaal. Ons is van God geskei deur ons sonde, en ons is van mekaar geskei.
Selfs ons pogings tot gemeenskap met ander sou deur sonde bevlek word: toe Adam en Eva saam vir die Here weggekruip het, het hulle op 'n selfvernietigende manier saamgewerk. Hulle verhouding met mekaar sou deur sonde geskaad word (3:12-3:16), maar hulle sou ook hulle verhoudinge gebruik om hulleself van God te distansieer. Verhoudinge is 'n goeie gawe van God, maar ons, as sondige wesens, weet net hoe om hierdie goeie geskenke te bederf. Ons kan ons verhoudinge gebruik om saam te sondig, veral deur te skinder, ander uit te sluit, mekaar se sonde te regverdig of op mense te vertrou vir dinge wat net God ons kan bied.
Gebed
Here, dankie vir die gawe van verhoudinge. Bewaak asseblief my hart teen die versoeking om my verhoudinge te gebruik om teen ander en teen U te sondig. Ek wil nie vir U wegkruip nie, ek wil 'n verhouding met U hê. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com