Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike GewoontesVoorbeeld

Die Voordele om die Skrif Hardop te Lees
Gewoonte: Betrokkenheid met die Skrif
Paulus het vir Timoteus gesê: "Totdat ek kom, moet jy jou daarop toelê om uit die Skrif voor te lees, te preek en onderrig te gee" (1 Timoteus 4:13). Die skrywer, Tim Challies sê oor hierdie vers: "Dit is 'n gedeelte oor preek," en voeg ook by: "Dit is ook 'n gedeelte om net eenvoudig die Bybel hardop te lees."* Hier is verskeie praktiese redes waarom die hardop lees van die Bybel 'n voordelige gewoonte is om aan te leer:
Meer as een sintuig is betrokke wanneer jy hardop lees — Behalwe aanbiddingsdienste, word ons betrokkenheid met die Skrif slegs deur een van ons vyf sintuie betrek — sig. Wanneer ons gehoor by sig voeg, stimuleer ons verskillende gedeeltes van ons breine vir 'n multisensoriese ervaring wat ons kan help om 'n betekenisvoller ervaring met die Woord van God te ondervind.
Hardoplees verbeter ons onthouvermoë — Wanneer ons hardop lees, word die woorde wat ons sê in spraak omgesit, wat vir ons twee tipes geheue skep — die kennis wat deur die gesproke woorde gegenereer word asook die geheue om die gesproke woorde in te neem. Ons geheue vir gesproke woorde verskil baie van ons geheue waar ons net in ons gedagtes lees.**
Om hardop te lees, vertraag ons tempo — Ons oë en breine is vinniger as ons monde. Wanneer ons net in ons gedagtes lees, sien en verwerk ons die woorde vinnig. Hardop lees forseer ons om stadiger te lees, wat ons dan meer tyd gee om wat ons lees te verwerk en dit bied ook meer geleentheid om te hoor wat God deur die Skrif vir ons sê.
Dit is ook van waarde om aan verskillende mense of groepe hardop voor te lees. Hier is 'n paar wenke om hardoplees deel van jou roetine te maak.
Jy en jou gesin — Dit mag aanvanklik 'n bietjie vreemd voel, maar probeer om gereeld hardop vir jouself gedurende jou persoonlike Bybelstudie sessies te lees. Jy kan ook hardop vir jou gesin gedurende julle godsdienstye voorlees.
Jonk en oud — Bied aan om vir kinders te lees wat moontlik net van God gedurende Sondagskoolklasse hoor. Dalk kan jy ook vrywillig voorlees aan ouer persone in 'n siekeboeg of hospitaal of wat te oud is om self die Bybel te lees. Elke gelowige, oud of jonk, trek voordeel daaruit om dikwels met die Skrif in aanraking te kom.
PRAKTIESE BOODSKAP VIR NADENKE: Dit kan ons help om die Skrif hardop te lees — as individue of as 'n gemeenskap — om beter te hoor en met die Woord van God in aanraking te kom.
* Tim Challies, “A Cost of All This Preaching?” Challies.com, April 21, 2014, http://www.challies.com/articles/a-cost-of-all-this-preaching
** Art Markman, “Say it loud: I’m creating a distinctive memory,” Psychology Today, May 11, 2010, http://www.psychologytoday.com/blog/ulterior-motives/201005/say-it-loud-i-m-creating-distinctive-memory
Aangaande hierdie leesplan

Hier is wenke en raad hoe om waardevolle geestelike dissiplines deel van jou lewe te maak! Elke daaglikse oordenking bied Bybelse wysheid en praktiese boodskappe vir nadenke oor onderwerpe soos gebed, wysheid, rus, aanbidding, getrouheid en die vorming van karakter. Oordenkings is uit 365 artikels in die NIV Lifehacks Bybel saamgestel.
More