Gebede Om Jou Hart Te SeënVoorbeeld

Gebede Om Jou Hart Te Seën

DAG 8 VAN 10

Van rou tot dans


Ek sal u lof verkondig, Here, want U het my gered. U het my vyande verhinder om bly te wees oor my. Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak.

Toe ek voorspoedig was, het ek gesê: “Niks sal my ooit beweeg nie!” U goedheid, Here, was vir my soos ’n stewige berg. Maar toe U van my af wegdraai, was ek verskrik.

Ek het na U geroep, Here. Ek het by U, Here, gepleit om genade: “Wat sal dit U baat as ek sterf, as ek wegsak in die graf? Kan my stof U loof in die doderyk? Kan my stof u trou daar verkondig? Luister, Here, en wees my genadig. Help my tog, Here!”

U het my droefheid verander in ’n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee.


-PSALM 30:2-3, 7-12 (NLV)

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Gebede Om Jou Hart Te Seën

Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za