Gebede Om Jou Hart Te SeënVoorbeeld

Gebede Om Jou Hart Te Seën

DAG 10 VAN 10

Aandoordenkings


O Heer my God, dankie dat U hierdie dag tot ’n einde laat kom het; dankie dat U vir my liggaam en my siel rus gee.

U hand was oor my en het my beskerm en bewaar.

Vergewe my gebrek aan geloof en enige foute wat ek vandag begaan het. Help my om almal te vergewe wat verkeerd teenoor my opgetree het.

Laat ek in vrede onder u beskerming rus, en bewaar my van die versoekings van die duisternis.

Ek gee nou my geliefdes en almal in hierdie huis in u hande oor; ek gee my liggaam en my siel aan U oor.

O God, laat u heilige Naam verhewe word.

Amen.


-DIETRICH BONHOEFFER


Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Gebede Om Jou Hart Te Seën

Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za