Gebede Om Jou Hart Te SeënVoorbeeld

Gebede Om Jou Hart Te Seën

DAG 6 VAN 10

Leer ons bid


Here, leer ons bid. Party van ons is nie bedrewe in die gebedskuns nie. Namate ons ons gedagtes op U rig, smag ons gees na u Gees, en reik uit na U uit ’n behoefte om u nabyheid te ervaar. Ons weet nie hoe om uitdrukking te gee aan die diepste emosies wat in ons hart verskuil lê nie.

Ons sal nie onkundig in gebed wees en soos kinders net vir U lysies maak van wat ons wil hê nie. Ons bid eerder dat U vir ons sal gee wat ons regtig nodig het. Ons sal nie ons gebede gebruik om by U, ’n almagtige God, aan te dring om te doen wat ons wil hê U moet doen nie. Gee ons liewer die visie, die moed wat ons horisonne sal verbreed en brei ons geloof uit sodat ons sal streef na u liefdevolle wil vir ons lewe.

Ons dank U dat U selfs nou na ons luister. Ons dank U vir die genade van gebed. Ons dank U vir Uself.


-PETER MARSHALL

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Gebede Om Jou Hart Te Seën

Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za